Zombie movies is my gunsteling

Desember 16, 2007 at 6:05 nm 12 Kommentaar

planet_terror_box_art_2d.jpg

Eintlik hou ek van enige monster-movie.  Maar zombies bly maar net die grillerigste.

Planet Terror  is egter ‘n baie verrassende interpretasie van die tradisionele zombie-storie (en definitief aan te beveel vir enige aanhanger van die genre… ek bedoel jy, bertus!).  My gunsteling toneel is waar die een karakter, gespeel deur Quentin Tarrantino, die heldin probeer verkrag en sy penis dan stuk-stuk begin afval, soos slymerige kougom wat te swaar geraak het.  Ha ha.

Hier is dus nou ‘n uitdaging:  Freddddddels, as jy ‘n (sinvolle!) preek oor hierdie fliek kan skryf – een wat nie die fliek slegmaak nie, maar gebruik om ‘n boodskap te verkondig (en ek gaan by hollywoodjesus kyk vir plagiaat) – sal ek persoonlik vir jou enige CD van jou keuse koop.  Ek sal dalk selfs die CD wat ek by jou geleen het, terugstuur.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Tragiese nuus Compassionate Leave

12 Kommentaar Add your own

  • 1. kat  |  Desember 16, 2007 om 11:23 nm

    Ba rooeees Whilllissss…..

    (hy skiet seker die dooie hel uit die zombies…)

    ??

    Reply
  • 2. freddy  |  Desember 17, 2007 om 8:20 vm

    /me sluk, maar daar is geen speeksel nie.

    Ek sien dis ‘n “special double disk edition”. Ek hoef darem seker net ene te kyk?

    Sal eers besluit of ek 2 ure van my lewe sal opoffer hiervoor. (welakapela, ek het darem een van jou cd’s ook).

    Reply
  • 3. George Maru  |  Desember 17, 2007 om 7:46 nm

    Ek kyk nie horror en zombie moewies nie. Soos in geen.

    Maar die feit dat Rodriguez en Tarantino hierby betrokke is, laat my tog wonder. Dalk moet ek dit moontlik oorweeg om te oorweeg om daaraan te dink om dit te kyk.

    Reply
  • 4. Pienk Zuit  |  Desember 17, 2007 om 9:05 nm

    George, is alle Tarantino movies nie zombie movies nie?

    Reply
  • 5. maeree  |  Desember 18, 2007 om 8:41 vm

    julle is almal baie snaaks.

    kat, ek wil soooooo graag reageer. maar dit gaan die fliek vir jou spoil. as jy dit nie gaan kyk nie, laat weet, dan sê ek vir jou wat brucie doen.

    freddy, ek is 100% seker dat daar geen manier is dat enige van jou familielede hierdie fliek sal kan kyk nie. en ek is 99% seker dat jy ook nie eers die eerste 30 min sal oorleef nie. dié dat ek ‘n cd aanbied. want ek dink regtig nie jy moet die fliek kyk nie.

    george, het jy gehou van pulp fiction? maal die gril-faktor met 10, druk jou tong baie stewig in jou kies en besluit dan.

    Reply
  • 6. freddy  |  Desember 18, 2007 om 12:02 nm

    Ek het begin vermoed Eli Roth het ernstige sielkundige probleme (verwys na hierdie wonderful movies en Hostel e.a.). Toe vind ek uit sy eie pa is ‘n psigiater.

    !

    Reply
  • 7. George Maru  |  Desember 18, 2007 om 8:47 nm

    Pienk Zuit, ek dink nie so nie? Ek sal nie Kill Bill en Pulp Fiction so tipeer nie. Ek kan wel verstaan as jy na die gebeure in die Titty Twister verwys, dat dit as horror/zombie geklassifiseer kan word.

    Maeree, Pulp Fiction was goed, maar Kill Bill (volumes 1 & 2) was freakin’ fabulous. Ek hou egter nie van al die bloed nie.

    Reply
  • 8. Bertus!  |  Desember 19, 2007 om 4:45 nm

    Tarantino is nie gewoonlik vir my te interessant nie, maar ek hou daarvan as hy opteam met Rodriguez – ek het die box set met al drie aflewerings van Dusk Till Dawn.

    Die beste Zombiemovie ooit is die 2003-weergawe van Dawn of the Dead – ek het dit al 14 keer geky en dit roer my steeds elke keer.

    Het jy gehoor George Romero maak ‘n vyfde aflewering in sy Dead-reeks – sal glo volgende jaar uitgereik word. Kyk op Youtube vir lusmakers.

    Reply
  • 9. maeree  |  Desember 27, 2007 om 11:56 vm

    tarantino het eintlik niks te doen met hierdie fliek nie – hy speel net ‘n klein rolletjie.

    btw, ek stem saam met jou oor daai 30 days of night-movie. ek was erg spyt dat al die “helde” nie deur die vampires gevang is nie. hulle verdien om geëet te raak. sug.

    Reply
  • 10. Bertus!  |  Desember 28, 2007 om 2:27 nm

    Inderdaad. 30 days of Night was ‘n laagtepunt. Ergste is die feit dat dit nooit in die fliek night raak nie, tensy daar spotlights in die dorp êrens is.

    Reply
  • 11. maeree  |  Januarie 9, 2008 om 12:09 nm

    ek weet net van een dusk til dawn!!!!!!!!! argh! en my videowinkel ook. help!!!!

    Reply
  • 12. Zombies Zombies, oral Zombies « inderdaad  |  Augustus 13, 2008 om 2:21 nm

    […] 13, 2008 Ons almal het vriende soos Bertus! nodig.  Vriende wat jou belange op die hart dra, wat werklik vir jou omgee en seker maak dat jy […]

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: