My 2D lewe.

Januarie 9, 2008 at 12:35 nm 4 Kommentaar

thealienjpg.gifJare gelede het almal sulke bont plakkate gekoop met niks op nie. Blykbaar, as jy 2.78m van die plakkaat staan, teen ‘n hoek van presies 178.3 grade en jy kyk skeel en verloor alle fokus, het daar ‘n prent uit die bont niks verskyn. Ek het so na daai goed gestaar dat ek vandag nog hoofpyne kry. Maar ek het net bont squigletjies gesien. (As jy nog nie genoeg gekwyl het oor die prent hierbo nie, daar’s nog baie by http://www.eyetricks.com/3dstereo.htm)
Gelukkig beteken 3D vandag iets heeltemal anders. Vandag verwys dit na fênsie rekenaar animasie.

Soms is daar egter ‘n innoverende regiseur wat besluit om ‘n fliek in 3D te maak. Weereens probeer arme Maeree haar bes. Kyk skeel, met bril, sonder bril. Maar al wat ek sien, is ‘n prent wat uit fokus is, met sommige dele sterk omlyn.

Daar is wel iets wat ek opgelet het van 3D flieks: dit word meestal gebruik om op te maak vir ‘n 1D storielyn, toneelspel, fotografie, noem maar op.

nightof15308.jpeg

Of, in die geval van Night of the Living Dead 3D, ‘n 0D film. (Besoek die website, dis baie beter as die fliek en beslis die moeite werd.)

image01.jpg

“THIS IS A NEW MOTION PICTURE FILMED IN 3D THAT IS A RE-IMAGINING OF THE 1968 PUBLIC DOMAIN PICTURE “NIGHT OF THE LIVING DEAD.” GEORGE A. ROMERO IS NOT AFFILIATED IN ANY WAY WITH THIS NEW FILM.” Sies.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Wat Kersfees opgelewer het Patroon

4 Kommentaar Add your own

  • 1. sonkind  |  Januarie 9, 2008 om 6:02 nm

    Maeree, ek het pakke van daai prente – ek was absoluut verslaaf aan kyk daarna. Ek kan hierdie een van jou ook sien – dit lyk soos ‘n skedel, maar ek is nie 100% seker nie.

    Maar ek het ‘n geheim. Ek kan dit net sien as ek my kontaklense in het. Dan staar ek en woeps, spring die prentjie uit. Sonder lense kan ek maar vergeet.

    Daai mate en goed van hoe ver jy moet staan en met watse hoek, is egter ‘n klomp tjol, hoor.

    Antwoord
  • 2. Bertus!  |  Januarie 11, 2008 om 10:59 vm

    Ten minste lyk dit darem of Sid in Night of the Livng Dead 3D speel – enigiets met hom in is goed. Ek besit egter reeds twee weergawes van Night op DVD, so ek weet nie of ek nog een sal koop nie. Ek sukkel om daai 3D-goed te sien.

    Antwoord
  • 3. Roer  |  Februarie 15, 2008 om 9:36 vm

    Het hierdie http://edition.cnn.com/2008/SHOWBIZ/Movies/02/14/film.zombie.king.ap/index.html vanoggend raak gelees en gedink aan jou.

    Antwoord
  • 4. maeree  |  Februarie 15, 2008 om 12:16 nm

    kewl, dankie… ek sien uit daarna.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: