Post-begraafplaas

Januarie 22, 2008 at 1:55 nm 9 Kommentaar

just_write__by_factor___.jpg

Titels van posts wat ek begin skryf het, maar nooit voltooi het nie:

  • Hoekom ek nie meer ‘n Wiccan is nie.
  • Are you scared yet?
  • Hierdie foto het ek vir my ma geneem…
  • Dark Lord Trilogie
  • Die Misdaad-perd

Mag hul salig rus.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Evolusie verloor Ek weet nie wat Mnr Hofmeyer gedoen het nie

9 Kommentaar Add your own

  • 1. Freddy  |  Januarie 22, 2008 om 2:38 nm

    Sies, Maeree. Dis uiters lelik van jou. Mens noem dit uitlokking.

    Btw, kan ons dan aanneem jy is nog ‘n wiccan?

    Reply
  • 2. sonkind  |  Januarie 22, 2008 om 2:39 nm

    Mag ek vra – hoekom is jy nie meer ‘n Wiccan nie? Ek stel regtig belang en is baie ge-interesseerd in Wiccans.

    Reply
  • 3. George Maru  |  Januarie 23, 2008 om 7:54 vm

    Ek wil so weet van die wiccan besigheid. Sien dit as jou goeie daad om mense (d.w.s. moi) van hulle onkunde te verlos. Dans wiccans rerig in die bosse om bome?

    Reply
  • 4. Freddy  |  Januarie 23, 2008 om 10:01 vm

    Ditto met George. Dans wiccans rerig kaal in die bosse om bome sonder dorings?

    Reply
  • 5. Bertus!  |  Januarie 23, 2008 om 11:06 nm

    Ek het een keer ‘n klomp Wiccans ontmoet en ek het hulle net mooi fokol gelike. Hulle was ontsettend ongeskik en oordeelsugtig. Ek hoop jy was ‘n nicer Wiccan (actually is ek seker jy was ‘n nice een).

    Ek wou verlede week ‘n post skryf oor die feit dat iemand (volgens statcounter) by my blog uitgekom het deur die frase “groot piele” te google, maar toe besluit ek ook om dit eerder te los.

    Reply
  • 6. oordose  |  Januarie 24, 2008 om 10:59 vm

    die tradisies en rites (formuliere?) van paganism is in elke geval so sterk in die christelike godsdiens geskons dat jy nie meer hoef wiccan te gaan om dit te beoefen nie!

    Reply
  • 7. maeree  |  Januarie 24, 2008 om 11:34 vm

    lol

    bertus!, ek dink nie ek is nicer nie. dis een van die redes hoekom ek nie meer ‘n wiccan is nie – daai hele storie van alles wat drievoudig na jou toe terugkom. ek het genade en vergifnis nodig.

    george, freddy – net as hulle lus is.

    ek was ‘n closet wiccan – het nooit aan ‘n coven behoort nie. maar ek was ook ‘n christen. hoe meer ek in albei gegroei het, hoe meer het ek besef mens kan eintlik nie albei wees nie. en God het my ‘n christen gemaak. meeste van die goed wat my aangetrek het tot wicca, kan mens inderdaad ook (soos liewe oordose sê) binne die christendom vind. veral die ouer vorme van die christendom. ek het die spiritualiteit van die ou keltiese christene ontdek (voordat die hele keltiese ding mode geword het) en my roete gevind.

    wat ek in wicca gesoek en in christenskap gevind het, is:
    ritme
    ritueel
    connection
    ‘n verbintenis met die skepping/planeet
    ‘n heiliging (“spiritualisering”, as jy wil – ek wil nie) van elke oomblik en elke ding wat jy doen. ek glo nie dat alles god is nie, maar ek glo wel dat God in alles is. en dat ek God aanbid in alles wat ek doen. die vroeë kelte was veral briljant hiermee. hulle het gebede & rituele gehad vir elke dagtaak
    ensovoorts

    wat ek bietjie meer sukkel om binne die christendom te vind, is respek vir die vroulike. die christelike godsdiens is nou maar een maal patriargaal. maar daar is baie meer van die vroulike as wet mense in ons patriargale samelewing raaksien. en die kelte was ook goed hiermee. hulle het bv van die begin af vroulike priesters gehad, totdat die rooms katolieke gedreig het om hulle dood te maak. hulle het ook aanbiddingsruimtes baie meer liggaamlik verstaan – so het ons ‘n jaar of wat gelede baklei oor kerktorings, maar niemand het gewonder oor die betekenis wat die kelte aan kerkdeure en -vensters geheg het nie. regtig.

    en so kan ek voortpreek. die redes is nie legio nie, maar baie.

    bertus!, dankie dat jy die vrymoedigheid het om dan maar op my blog te vertel van die groot piele.

    Reply
  • 8. George Maru  |  Januarie 24, 2008 om 7:28 nm

    maeree, interessante kommentaar (al het jy my & freddy se vraag nie bevredigend beantwoord nie) oor hoekom jy die Christelike geloof gekies het. Sit die geweldige dogmatiese ingesteldheid van die Christelike geloof jou nie af nie? Dit gaan tog primêr daaroor om te glo? Ek vind dit effe onprakties en nutteloos.

    Reply
  • 9. maeree  |  Januarie 27, 2008 om 4:48 nm

    george, ek weet nie lekker wat jy bedoel met “geweldige dogmatiese ingesteldheid” nie. maar nee, ek word meestal nie deur leerstellinge afgesit nie, maar deur die mense wat voel hulle moet die leerstellinge beskerm. verder glo ek dat geloof ‘n storie is, en die leerstellinge is deel van die manier wat ons die verhaal verstaan. (as dit is wat jy bedoel met “dogmatiese ingesteldheid”).

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: