Ek weet nie wat Mnr Hofmeyer gedoen het nie

Januarie 24, 2008 at 11:06 vm 5 Kommentaar

gossip-print-c10032348.jpeg

Ek stel ook nie belang nie.  Ek het geen “nuus”berig daaroor gelees nie.  En as jy daaroor geblog het moet ek bieg, ek het ook nie jou post gelees nie.

Maar ek wonder oor die skynbare histerie.  Wat maak dit saak wat Mnr Hofmeyer met wie doen?  Hoekom is dit nuuswaardig?

Dit lyk vir my asof mense dink skinder is net skinder wanneer jy praat oor iemand wat jy self persoonlik ken.  So het ek al dikwels (gewoonlik wanneer ek by my familie kuier)  oomblikke van verwarring beleef wanneer daar geskinder word oor iemand wat ek glad nie ken nie.  Dit vat gewoonlik ‘n tydjie voordat ek besef my gespreksgenote ken ook nie die persoon nie.

Skinder is ‘n universele tydverdryf.  Maar dit wil tog vir my lyk asof mense op die platteland dit meer doen.  Daaroor wonder ek ook.

Random thoughts tersyde, ek hou van mense wat oor goed kan praat, wat interessant is en ‘n wye algemene kennis het.   Ek is ongemaklik in mense-wat-net-oor-ander-mense-kan-praat (kla) se geselskap.

Het julle gehoor van Heath?  Ek hoor hy’t selfmoord gepleeg…

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Post-begraafplaas Nogi Inderdaad

5 Kommentaar Add your own

  • 1. PienkZuit  |  Januarie 24, 2008 om 4:49 nm

    Ek ken mense wat glad nie dink daar is iets verkeerd met skinder nie. Dis soos ń wit leun, solank die persoon nie uitvind nie is daar niks fout daarmee nie. Ek sal veel eerder oor my gholf game praat.

    Reply
  • 2. Bertus!  |  Januarie 26, 2008 om 4:45 nm

    Ek dink die hele Steve-ding is interessant, meer oor wat dit ons van die vlak van gesprek in ons volkie sê as wat dit ons oor Steve sê.

    Reply
  • 3. Bertus!  |  Januarie 26, 2008 om 4:46 nm

    Spelling: Hofmeyr
    Dis eintlik baie interessant – daar bestaan geen van soos “Hofmeyer” nie, maar tog spel die meeste mense dit outomaties “Hofmeyer”.

    Reply
  • 4. Freddy  |  Januarie 27, 2008 om 12:30 nm

    Bertus, wat het jy nou weer gese oor die “vlak van gesprek”? :-)

    Reply
  • 5. Bertus!  |  Januarie 27, 2008 om 5:17 nm

    Freddy, ek het gese^ die vlak van gesprek in die land is baie laag, want daar is meer mense wat jou oor Steve se sekslewe kan vertel as oor die rentekoers. Ek weet nie watse deel daarvan moeilik is om te verstaan nie.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: