Ou Koeie

Februarie 8, 2008 at 3:32 nm 9 Kommentaar

Liewe Freddels gee my die geleentheid om te spog met my gunsteling posts. Wat ‘n wonderlike idee! Nou kan ek ou posts recycle. Probleem is, ek is baie lief vir hierdie ou bloggie. Ek is nie ‘n stats-slet nie. Ek blog eintlik maar net vir my eie plesier. Hoe kies ‘n ma haar gunsteling kind? Gevolglik is daar twee afdelings met 5 elk (in volgorde van oudste tot jongste):

1. Nonsies. Hierdie blog was nooit bedoel om ernstig opgeneem te word nie.

2. Posts wat nie noodwendig goed of relevant of vermaaklik vir enigiemand anders is nie, maar wat my na aan die hart lê:

Ek wil net baie dankie sê vir my ma, dat sy altyd aangehou het om in my te glo, en vir my pa, dat hy my altyd gedruk het om my beste te doen, en vir die hoof van die huis, wat altyd lag vir my grappies, en vir ons katjies, wat altyd al hulle kos opeet, en vir al my lesers, wat duidelik ‘n lewe kort, en vir freddy, wat my hierdie wonderlike geleentheid gegun het. Sonder julle kon ek dit nie doen nie.  kom ons tag die man met die pienk zuit.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Die week van kewtness is verby Sal ons ou vriende ooit vergeet en die goeie oue tyd.

9 Kommentaar Add your own

  • 1. oordose  |  Februarie 8, 2008 om 4:34 nm

    wonder wat jou ma se geloof gaan oorkom as sy jou blog moet lees… veral as sy nog daai ou fototjie van jou valentyspersent ook sien…

    Antwoord
  • 2. sonkind  |  Februarie 8, 2008 om 7:22 nm

    Ek like jou slotparagraaf!!! Waar gaan jy die goue mannetjie plaas? :lol:

    Antwoord
  • 3. freddy  |  Februarie 9, 2008 om 8:51 vm

    Ek wonder skielik wat van al daai kommentators geword het. Appel en Lammervanger en Voetstoots.

    Antwoord
  • 4. luigi  |  Februarie 9, 2008 om 11:20 vm

    Dankie dit was nou lekker ontdekking,jou blog.

    Ja die slot paragraaf herriner my aan ou Gerrie Coetzee wat toe hy die boks wereld titel gewen het gese het;

    Ek wil net vir my Mo en Po en my hondjie Wendy se baie dankie!

    Antwoord
  • 5. sterfling  |  Februarie 9, 2008 om 12:21 nm

    Hello, ek kom stel myself net voor. Maak gerus ‘n draai by my http://sterfling.wordpress.com

    Jy is nogal skerp ou girl!

    Antwoord
  • 6. maeree  |  Februarie 10, 2008 om 2:58 nm

    interessant dat hier van 5 persone kommentaar is, maar daar het hoogstens 3 gaan kyk na die posts waarna hier verwys word. dis okay, ek is nie kwaad nie. ek weet ons hou nie te veel van te veel lees nie.

    oordose, jy moet met punte beantwoord word:
    1. hierdie is dan nou ook die rede waarom my ma nooit sal uitvind van hierdie blog nie. of van joune nie, for that matter.
    2. moenie die tannie onderskat nie. sy het een keer afgekom op ‘n kwitansie van ‘n boek wat ek vir die hoof van die huis gekoop het. sy was baie geïnteresseerd, wou weet wat ons geleer het, of sy die boek mag lees, e.d.m. (hoewel ek baie seker is dat sy geen pink speelgoed besit nie, aangesien masturbasie sonde is).
    3. sy het al gedreig om my by een of ander etiese beheerliggaam aan te kla, sodat ek my werk kan verloor.

    Antwoord
  • 7. freddy  |  Februarie 10, 2008 om 3:36 nm

    Sommige tannies was natuurlik vir my ook al kwaad. Mens doen nie jou prakties sommer op enige plek nie!

    Antwoord
  • 8. Pienk Zuit  |  Februarie 11, 2008 om 9:18 vm

    in geval jy wonder, en voor jy vies raak, ek sal nog hierby uitkom.

    Antwoord
  • 9. Top 5 « Die Pienk Zuit  |  Februarie 12, 2008 om 9:58 vm

    […] 12, 2008 Top 5 Posted by Pienk Zuit under Uncategorized   Nou maar goed, voor Maeree my met een van haar speelgoed gooi of oor die kop slaan, hier is my gunsteling 5 posts soos ek […]

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: