Sal ons ou vriende ooit vergeet en die goeie oue tyd.

Februarie 10, 2008 at 2:44 nm 12 Kommentaar

it__s_my_party____by_vashtia.jpg

Hierdie blog is vandag 2 jaar oud. In blogjare, absoluut antiek. Oud genoeg om met ‘n kierie rond te loop, hare mooi pers geperm. Oud genoeg om deur meeste ander blogs “tannie” genoem te word, as ons geglo het in paternalisme.

Ah, die goeie ou dae. Ons was maar min, daar aan die begin. Appel (ek weet nie of hy nog hier êrens rondsweef nie) het sy verslawing op sy mou gedra, vir almal om te bewonder. Rondloper het roerende stories vertel van sy reise. Willem het vir my ‘n speelgoed vliegtuigie belowe. Salige Rus het toe al regeer in Blogland (dit was in die dae voor Attie). Die man in die Pienk Zuit het toe reeds begin met sy veldtog om almal te bekeer tot Firefox en PnP Go Banking. Die Lammervanger had ons almal histeries met sy pittighede. (Ek mis hom.) Dan was daar Medusa, wat net so af en toe geblog het. Andrew (ek dink dit was sy naam) het die mooiste foto’s uit Europa gepost. En dan was daar nog die funny ou wat oor koffie geskryf het. (Ons was natuurlik almal Blogspotters in daardie dae.)

Ons was almal grotendeels eendersdenkend en het mekaar heerlik vermaak met ons kwasi-liberale eensgesindheid. Niemand was ooit lelik met enigiemand anders nie (behalwe Salige Rus soms met Klagat, maar dit was in ‘n goeie gees bedoel). Niemand het vir enigiemand anders gepreek nie. Ons was saam lekker beïndruk met die hoogstaande gehalte van ons gesprekke (veral die Lammervanger, natuurlik). Niemand het ‘n post begin met “Hallo Maatjies” nie, niemand het vertel as hulle verveeld was nie en niemand het ‘n blow-by-blow weergawe gegee van hul dag by die werk nie.

Maar ons het groot geword. Blogland het ontplof. Om elke kliek skop jy ‘n Afrikaanse blog uit. En ons moes leer dat almal met internet toegang nie dieselfde is nie. Dat mense soms radikaal van ons verskil, soms selfs ongeskik is. Ons het ontdek dat daar iets soos “blog rage” is. Ons het geleer dat wat vir ons mooi en belangrik is, soms ander se kompos is.

So word ons wyser. Intussen gaan die soektog na die Perfekte Vegetariese Toebroodjie voort, asook die veldtog vir Firefox en PnP Go Banking. So ook, Inderdaad, die nonsens waaroor niemand eintlik veronderstel is om Om Te Gee nie.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Ou Koeie Die seisoen van sexy skop af

12 Kommentaar Add your own

  • 1. freddy  |  Februarie 10, 2008 om 3:33 nm

    Baie geluk met die prestasie.

    Deel vd blogding is natuurlik om self uit te figure watter blogs mens verkieslik systap, en watter issie moeite werd om te bly lees.

    Moet jy ons nou net nie try fool nie, ons almal onthou dis die week van sexy en als.

    Reply
  • 2. George Maru  |  Februarie 10, 2008 om 10:00 nm

    2 jaar is nie antiek. Geluk in elk geval.

    Reply
  • 3. Johan Swarts  |  Februarie 11, 2008 om 1:07 vm

    baie geluk. en moenie ophou nie :-)

    Reply
  • 4. Bertus!  |  Februarie 11, 2008 om 12:56 nm

    En niemand het geweet wie is Steve Hofmeyr nie!!!!!!

    Baie geluk met jou prestasie. Jy is een van die groot vreugdes op die b.sfeer. Ek het in die ou dae gereeld na jou as Die Mooiste Blog verwys. Ek onthou nog die eerste keer toe ek ingeskakel het, toe is daar sulke treurige foto’s van sneeulandskap wat my ingesuig het en by my gespook het.

    Reply
  • 5. duskant  |  Februarie 11, 2008 om 2:51 nm

    Baie geluk! Doe zoe voort!

    Reply
  • 6. karoles  |  Februarie 11, 2008 om 4:22 nm

    Baie geluk!!!!!!!! Jy het ‘n baie oulike blog

    Reply
  • 7. Jo-Ann Schou  |  Februarie 11, 2008 om 5:04 nm

    Vandag was goor by die kantoor… Jou blog is tops. Gaan aan.

    Reply
  • 8. Pienk Zuit  |  Februarie 12, 2008 om 8:25 vm

    Veels geluk. Maar jy´t vergeet van Ubuntu linux : die grootste van my evangelisasieveldtogte.

    Reply
  • 9. Bertus!  |  Februarie 12, 2008 om 9:18 vm

    Sjoe, ek onthou ook nou daai ou wat die blog oor koffie gehad het. Ek wonder of dit nog e^rens op die internet bestaan.

    Die ou wat uit Europa mooi foto’s gepost het, was Stefan Ferreira by stefanferreira.blogspot.com as ek reg onthou.

    Reply
  • 10. idiwidi  |  Februarie 13, 2008 om 6:45 nm

    so bly jy’s nog hier!

    Reply
  • 11. Pienk Zuit  |  Augustus 27, 2008 om 2:49 nm

    Die huidige stand van Afrikaanse blogs het my weer laat dink aan hierdie inskrywing.

    “Niemand het ‘n post begin met “Hallo Maatjies” nie, niemand het vertel as hulle verveeld was nie en niemand het ‘n blow-by-blow weergawe gegee van hul dag by die werk nie.”

    Is dit maar waarheen dit beweeg (of is dit grootliks reeds daar)?

    Eintlik soek ek die inskrywing waar jy so mooi gestel het dat jy genoeg vriende het en nie nog soek nie, veral nie psycho’s op die internet nie (of min of meer so iets:) )

    Reply
  • 12. maeree  |  Augustus 28, 2008 om 10:50 vm

    word jy gestalk?

    ja, ek moet sê die vreugde het grotendeels verdwyn. daar’s nog ongeveer 4 blogs wat ek graag lees, maar daar word ook nie meer gereeld geblog nie.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: