Die seisoen van sexy skop af

Februarie 11, 2008 at 5:44 nm 9 Kommentaar

Ek vind granate ontsettend sexy. Weet nie hoekom nie.

pomegranate_by_chrypetex.jpg

Dalk is dit een of ander argetipe. Of ‘n vae oorblyfsel van my kinderdae in die Karoo.

pomegranate_ii_by_sayra.jpg

Of dalk is dit die beeldskone sensualiteit van hierdie speelse vrug, die vlees wat glad onder jou tande breek, die pit wat jou onbeheersde kou stuit, jou waarsku om stadig te kou, elke sensasie te geniet… of die soet-frank smaak, die rooi sap wat in jou mond drup.

pomegranate_by_sayra.jpg

I dunno. Ek dink granate is sexy.

(Enige vlak, voorspelbare, phallosentriese grappies oor piesangs sal sumier uitgevee word.)

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Sal ons ou vriende ooit vergeet en die goeie oue tyd. Niks verander ooit

9 Kommentaar Add your own

  • 1. sonkind  |  Februarie 11, 2008 om 6:40 nm

    Ek het weer ‘n ding oor vye. Groen stroop vye uit ‘n fles, of vars vye, gepluk van die boom af, met die taaiheid so tussen jou vingers as jy dit afskil en eet. Mmmm!

    Antwoord
  • 2. freddy  |  Februarie 11, 2008 om 6:53 nm

    Julle 2 girls is so voorspelbaar. Die volgende vrou sal seker swymel oor tamaties of turksvye of butternut – enige vrug/groente wat mooi uitswel soos wat die plant se nageslag in die binneste groei. ;-)

    Dis net die teenoorgestelde van phallosentries.

    Maar ek moet bieg, granate IS nogal sexy. Veral diegene wat so hoog in die boom sit en nie maklik afgepluk word nie.

    Antwoord
  • 3. Tigerlily  |  Februarie 11, 2008 om 11:01 nm

    Water my mond nou…

    Antwoord
  • 4. Johan Swarts  |  Februarie 12, 2008 om 2:36 vm

    PIESANGS!PIESANGS!PIESANGS!PIESANGS!PIESANGS!PIESANGS!PIESANGS!PIESANGS!PIESANGS!PIESANGS!PIESANGS!PIESANGS!PIESANGS!PIESANGS!PIESANGS!PIESANGS!PIESANGS!PIESANGS!PIESANGS!PIESANGS!

    :p

    Antwoord
  • 5. oordose  |  Februarie 12, 2008 om 12:08 nm

    ek het al gehoor van party mans wat waatlemoene ook nogal sexy vind… veral as hy eers so ‘n rukkie in die son laat lê is om lekker warm te word binne…
    hur hur hur

    Antwoord
  • 6. oordose  |  Februarie 12, 2008 om 12:08 nm

    en noudat ek my comment so lees, miskien moet mens in die geval eerder dan na die waatlemoen verwys as “sy”

    Antwoord
  • 7. idiwidi  |  Februarie 13, 2008 om 6:39 nm

    geelperskes

    Antwoord
  • 8. arcadia  |  Februarie 18, 2008 om 9:34 nm

    granate is donners sexy –

    Antwoord
  • 9. Nelba  |  Februarie 22, 2008 om 9:15 vm

    Stem saam oor die granate. Die pitte lyk soos rooi lanterntjies. En mens word gedwing om dit staaadig te eet. Van granate gepraat, ons buurman, Thomas Vermeulen, neem die mooiste foto’s van die goed. Eendag gaan ek nog ‘n foto by hom koop. As my skip kom.

    Soet krakerige appels (nie die melerige soort nie) en geelperskes se tekstuur en ja, vye! Druiwe ook. NIE piesangs nie. Niks met die vorm te doen nie, net die bland smaak en kleur!

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: