Love me, I’m interessting

April 11, 2008 at 9:12 vm 7 Kommentaar

Ek wil net baie dankie sê vir Roer wat my hierdie wonderlike geleentheid gegee het om weer vir almal wat hier lees te wys hoe erudiet en über-kewl ek is:

8 Dinge waaroor ek passievol is

  • Spiritualiteit
  • My studies
  • Die Hoof van die Huis
  • Geregtigheid, regverdigheid
  • Feminisme
  • My werk (bietjie van ‘n liefde/haat verhouding – ek het my werk lief en ek haat dit met ‘n passie)
  • Afrika
  • My (meestal mislukte) poging om alle mense te aanvaar en te respekteer.

8 Goed wat ek wil doen voor ek sterf

  • Doktorsgraad kry
  • Leer drom speel
  • Boekie skryf (ek tans besig om met ‘n uitgewer te onderhandel oor ‘n klein kinderboekie)
  • Gesonder leef
  • Xhosa leer
  • Die wêreld sien (Serengeti eerste)
  • Dit regkry om alle mense te aanvaar en respekteer
  • Eintlik is ek redelik tevrede met my lewe, en het reeds die helfte van die goed gedoen op ‘n soortgelyke lys wat ek járe gelede opgestel het.

8 Goed wat ek gereeld sê

  • Ek sug byna konstant. (Dit word veroorsaak deur IBS, en nie my gesindheid nie, magtig!)
  • Fuck
  • “God is acting in all actions upon you. So respond to all actions upon you as to respond to his action”
  • Ek is mal oor jou.
  • Inderdaad.
  • Ek weet nie.
  • ‘n Probleem sal altyd aanmeld waar dit dink dit ‘n oplossing sal vind. Moenie jou probleme myne maak nie.
  • Nee.

8 Boeke wat ek onlangs gelees het

  • Besig met Terry Goodkind se “Sword of Truth” reeks: Wizard’s First Rule
  • Stone of Tears
  • Blood of the Fold
  • Temple of the Winds
  • Soul of Fire
  • Staying in Touch deur John Ackerman
  • Active Spirituality deur Kent Ira Groff
  • The Secret Message of Jesus deur Brian McLaren

8 Liedjies wat ek oor en oor kan luister

  • This is to mother you van Sinéad O’Conner
  • Thank you van Alanis Morissette
  • Thula van Eugenie
  • Atlantis in jou lyf van Koos Kombuis
  • Spiegel Im Spiegel van Arvo Pärt
  • Bad Valentine van Transvision Vamp
  • Blood of Eden van Peter Gabriël
  • Sizophum’ Elokishine van Simphiwe Dana

8 Flieks wat ek al 8 of meer kere gesien het (8 of meer? Dalk bietjie baie. Kom ons maak dit 8 flieks wat ek al ontelbare kere gesien het)

  • Jurassic Park
  • Cinema Paradiso
  • Tank Girl
  • Pirates of the Caribean
  • Italian for Beginners
  • Like Water for Chocolate
  • Pitch Black
  • Dogma

8 Bloggers wat moet saam speel

Ek is gewoonlik bietjie versigtig om ander te tag, ingeval ek vir Bertus Melk aftick. Maar kom ons tag die volgende (minder as 8) persone:

  • oordose
  • Freddy (hy’s reeds getag, maar ek tag hom nog)
  • Kat van Vlermuis&Kat-faam
  • EN die Pienk Zuit. Want ek kan. Hur hur hur. Ek weet jy’t genoeg vriende.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Vlaglied Vernon Koekemoer

7 Kommentaar Add your own

  • 1. Roer  |  April 11, 2008 om 9:32 vm

    Jy is inderdaad über-kewl en ‘n groot sport. Dankie. As jy dit reg kry om alle mense te aanvaar, laat my asb weet hoe.

    Reply
  • 2. Johan Swarts  |  April 11, 2008 om 11:18 vm

    oooh, spiegel im spiegel is mooi :-)

    lyk my ons moet ‘n xhosa alliansie stig.

    Reply
  • 3. Pienk Zuit  |  April 11, 2008 om 4:56 nm

    Transvision Vamp!!! “I don’t want your money honey, I want your love”
    Like ook Pitch Black baie. Kon Vin Diesel nie maar daar opgehou het nie?

    Reply
  • 4. idiwidi  |  April 11, 2008 om 5:52 nm

    Ek het ook al Tank Girl ontelbare kere gesien

    Reply
  • 5. freddy  |  April 11, 2008 om 7:43 nm

    Dit help veel. Ek het al die moeite gedoen om Xhosa te leer, vir jare en jare lank. Nou lyk dit my gaan dit niks in Namibie help nie…

    Reply
  • 6. Bertus Melk  |  April 13, 2008 om 3:33 nm

    Het jy al Iain M Banks gelees? Ek lees tans The Algebraist en wil nie besluit of ek daarvan hou voordat ek ander mense se mening ook ingewin het nie.

    Reply
  • 7. Wipneus!  |  April 13, 2008 om 8:27 nm

    Ja, nee über-kewl!, hoop jy kry gou daai doktorsgraad!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: