Magtig Mans

April 21, 2008 at 4:21 nm 14 Kommentaar

Verwys.

Ek het geleer dat ‘n eenvoudige antwoord in komplekse situasies gewoonlik die verkeerde antwoord is. En dat die eintlike antwoord selfs nog eenvoudiger is.

“Vroue, weet net God se plan is dat die manne hulle plek moet inneem as konings van die huis en dan sal ons volg soos ons
moet!!! Wees dus saam met my bly oor gesinne wat gaan verander na die MMC-input. …

Mag God Almagtig nou ook gee dat ons mans hul gesagsposisies sal opneem wat so deur die vyand en die media en, ai tog, ook deur onsself van ons mans gesteel word. … Mag dit so wees en mag ons girls sag werk met ons konings en help opbou aan ons kroonprinse en prinsesse saam met ons mans.”

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

So oud soos die berge Ek sterf nie, ek is reeds dood

14 Kommentaar Add your own

  • 1. rosalindfranklin  |  April 21, 2008 om 4:30 nm

    Konings van die huis!!!!! LOL in ‘n land wat een van die hoogste huishoudelike geweld-syfers het??? (wie doen die slaanwerk, die troeteldiere)
    So maak ons die kroonprinse groot ja!

    Reply
  • 2. Roer  |  April 21, 2008 om 5:31 nm

    Rosa, Mans wat sulke goed doen, is obviously nie goed groot gemaak nie (deur o.a. VROUENS so hulle het ook skuld indien nie die meeste nie) wat dan natuurlik deel van die boodskap is. Ons moet hulle reg groot maak.

    Ek vir een, al stem almal nie saam nie, dink wat by die Mighty Men Conf gedoen was, is fantasties en ek haal my hoed af vir Angus dat hy die klinkers gehad het om so iets te doen en die wêreld en dan spesifiek Suid Afrika ‘n beter plek te probeer maak. Daar sal maar altyd kritiek wees. Soos my man altyd sê spottenderwys “elke goeie daad sal ten volle gestraf word”.

    Reply
  • 3. George Maru  |  April 21, 2008 om 6:55 nm

    Ag wat, ek dink hulle is relatief skadeloos.

    Reply
  • 4. rosalindfranklin  |  April 21, 2008 om 7:34 nm

    Roer, ek dink ma en pa moet saam die kind grootmaak. Maar as ‘n vrou binne die huwelik ontmagtig is, kan sy nie haar seun reg grootmaak nie, want die pa se woord en dade is wet. Kan sy nie opstaan en die regte ding doen nie. (Dis juis vroue wat reeds abuse word)

    Maar miskien word ek verkeerd verstaan. Ek wens mans wil meer opstaan jeen geweld teenoor vroue en kinders. Mans wat goeie mans is (mens sien baie werk deur vroue). Mans wat se: Genoeg is genoeg.

    Mans wat vir anders mans se: Jammer ek weet jy slaan jou vrou en kinders, so ons hang nie meer saam met jou uit nie, kyk nie meer saam met jou rugby en sokker nie. As jy nie hulp kry nie, is ons nie meer jou pel nie.

    So my kommentaar was nie teen MMC nie, dit was teen huishoudelike geweld. MMC is die ideale plek om met sulke mans te werk.

    Reply
  • 5. PienkZuit  |  April 22, 2008 om 12:56 nm

    maeree, wat is die eintlike antwoord?

    Reply
  • 6. PienkZuit  |  April 22, 2008 om 1:04 nm

    Oor Efesiërs 5 (http://www.gnpcb.org/esv/search/?q=Ephesians+5):

    Ek dink dat die antwoord om dit te begin reg verstaan, 2 tale is. 1 Taal wat net mans kan verstaan (taal M), en 1 taal wat NET vrouens kan verstaan (taal V). Maak nie saak wat gebeur nie, daar kan nie tussen die 2 tale vertaal word nie, so vir altyd sal net mans taal M verstaan, en net vrouens taal V. Dan moes verse 22-24 in taal V geskryf gewees het , en 25-32 in taal M. Ek sou selfs so ver gaan om te sê taal M mag na taal V vertaal word, maar taal V nooit na taal M nie.

    Die kerk moet alles mans verbied om enigsins, OOIT verse 22-24 te lees. Mans mag nie eens weet van die bestaan daarvan nie. Dan eers kan mens begin verstaan wat daar staan.

    Reply
  • 7. rosalindfranklin  |  April 22, 2008 om 1:32 nm

    Pienk Zuit, ek kan nie meer met jou saamstem nie. Wel gestel, wel gestel!!

    Reply
  • 8. Pikkelik  |  April 22, 2008 om 3:11 nm

    Ek lees en ek luister en ek gaan op my knieë en ek sê: “Dankie Here vir Mynick, want daar is nie nog een soos hy nie….”

    Reply
  • 9. Jasper  |  April 22, 2008 om 8:55 nm

    Timmer jy nou so half aan die leeu se bal met ‘n stomp beitel…..

    Reply
  • 10. Wipneus!  |  April 23, 2008 om 7:51 vm

    Dankie tog vir my koning en 2 kroonprinse, iets is darem êrens reg gedoen…..
    Hierdie inskrywing en comments het my vanoggend laat dink, ek moet ook soos Pikkie net dankie sê…..vir ‘n huis vol liefde, en 3 mans waarop ek baie trots is.

    Reply
  • 11. maeree  |  April 23, 2008 om 10:25 vm

    george! so bly om nog so af en toe jou stem te hoor! die probleem is natuurlik dat hulle nié skadeloos is nie. in ons land is daar minstens 60000 vroue – uiteraard nie noodwendig die mmc mans se vroue nie – wat mishandel word. Nimlike dag wat ‘n christen man vir my gesê het dat ‘n christen man die volle reg het om sy vrou te slaan as sy nie wil submit nie. die kerk in malawi (van alle plekke) het ‘n studie gedoen en bevind dat hul verkondiging van die onderdanigheids-diskoers bydra tot die hoë voorkoms van geweld teen vroue. hul studie was natuurlik net m.b.t. fisieke geweld daar is baie vorme van geweld, meeste daarvan baie meer subtiel as fisieke geweld.

    afrikaners was voorheen deel van ‘n “volksmoeder”-diskoers. hoewel dit ook destruktief was, het dit vroue ten minstens nie magteloos gelaat nie. nou begin hierdie onderdanigheids-diskoers onder die invloed van skatryk noord-amerikaanse skrywers oorneem. en dit is glad nie onskuldig of skadeloos nie. inteendeel, dis boos. vroue én mans word gebind in die naam van die een wat gekom het om mense vry te maak.

    co amar jhwh?

    zuit, ek weet nie (op jou vraag).

    Reply
  • 12. George Maru  |  April 23, 2008 om 8:54 nm

    maeree, ek verskil nie met jou nie. Wat ek meen, is dat die samelewing besig is om te verander. Gelyke regte vir vroue kan nie meer teruggedraai word nie (waarmee ek nie te kenne gee dat daar reeds 100% gelykheid is nie – daar is wel vordering). Selfs in derde wêreldlande waar vroue nog toelaat dat hulle deur die kerk onderdruk word, meen ek dat dit in die toekoms al hoe moeliker sal wees om ‘n “God”gesanksioneerde opinie van die vrou as broeikas en slaansak te onderhou.

    Meeste van die mans wat daar was, leef klaar in ‘n wêreld waar hulle toenemend moet vrede maak dat ‘n vrou hul gelyke is. Omdat hulle nou ‘n naweek van male bonding gehad het, gaan nie die feit verander nie.

    Net so terloops. Ek sien die term wonderwerk word baie vrygewig gebruik mbt die okkasie. En om ‘n verskil te maak. Nou wonder ek wie daai naweek die Mighty Men was. Die manne op hulle inisiasie-rite, of daardie mense wat verhoed het dat ‘n skip vol wapens na Zimbabwe verskeep is?

    Dit is seker te veel gevra dat geloof nie net moet gaan oor hoe dit my laat voel nie.

    Reply
  • 13. rosalindfranklin  |  April 23, 2008 om 9:22 nm

    Ek wonder tot watter mate ons samelewing wel verander as die Swazi-koning klomp vroue het en hy kies haar, as sy eintlik nog ‘n minderjarige kind is en sy nie regtig ‘n keuse tydens die rietdans het nie. Ja sy neem deel kan gese word, maar het sy ‘n keuse? Doen sy dit nie “verwerp sy haar tradisie”. Ken sy regtig haar regte?

    Labolla word nog betaal. En Zuma het meer as een vrou.

    Die mans moet maar vrede maak dat ek hulle gelyke is, en hoekom moet ek 3 keer harder werk om te bewys ek is hul gelyke? soos my Liefie se: Build a bridge and get over it.

    Ons was van die begin af mans se gelykes. Ons is net nie toegelaat in universiteite nie, in SA het my ouma in die dertigs eers vir die eerste keer gestem. Voor dit is vroue nie eens geleer lees nie.

    Elizabeth Eybers was die eerste vrou ooit in die land om in Afrikaans gedigte uit te gee.

    Ma wag dat ek daar stop. Jammer vir die kekkel hier Maeree. :)

    En dis waar wat jy sê Maeree oor die mishandelingsyfers en dink dit is meer.

    Reply
  • 14. Amanda  |  April 28, 2008 om 7:56 vm

    George, ek hou van jou opmerking oor wie nou eintlike Mighty Men was: die wat op ‘n geestelike “high” is of die ouens wat die skip gekeer het! Ek kyk maar sinies na die ophef oor die konferensie – dit voel maar al te vol soos Maeree se na ‘n eenvoudige antwoord vir ‘n komplekse probleem.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: