My hart skeur…

Mei 20, 2008 at 2:39 nm 3 Kommentaar

…terwyl my land brand, hier op die vooraand van Afrika-dag.  Laaste tel is daar reeds 22 mense dood.  Dit is hartverskeurend verskriklik.  Sover dit my aangaan, is dit die bewys van ‘n genadige God:  dat God nog nie ons spesie van hierdie planeet af vernietig het nie.  Dat jy moet vlug uit jou eie land, om dan só behandel te word in die plek waar jy veiligheid soek!

Dit is een van die mind-boggling dinge van ons spesie:  dat ‘n volk wat onderdruk word, bevry word, opstaan, omdraai en ‘n volgende volk onderdruk.  Gaan die mensdom hierdie patroon vir ewig oor en oor herhaal?

Ek is jammer.  Vergeef ons.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Die buffel drink nie saam met die olifant nie* Geloof en hoop

3 Kommentaar Add your own

  • 1. Pienk Zuit  |  Mei 20, 2008 om 4:06 nm

    Dit is vir my ook verskriklik. En dat dit al so lank aan die kom is. Dit het nie skielik verlede week begin nie, laas jaar al is buitelanders doodgemaak, net omdat hulle durf waag om ‘n winkel te he^. Dit wys net hoe diep ingeburger die haat en blaam-kultuur in ons almal is. Iemand anders moet altyd die skuld kry, en om te veralgemeen is die maklikste manier om te blameer. Dis die Afrikaners se skuld, dis apartheid se skuld, dis affirmative action se skuld, dis die ANC se skuld, dis die NP se skuld. Blameer iemand anders, dan kan jy darem uiting gee aan jou frustrasie deur daardie haat.

    Hoe verander mens die haat? Deur mense mekaar te laat leer ken? (dit moet tog moeiliker wees om iemand te haat wat jy ken as om ‘n vreemdeling te haat? ) Hoe kry mense weer hoop? Hoekom kry ons Christene dit nie reg om weer hoop te gee vir ons land nie?

    Reply
  • 2. inderdaad  |  Mei 20, 2008 om 4:48 nm

    […] 20, 2008 Zuit se vraag oor Christene wat dit nie regkry om hoop te gee nie, het my onmiddelik laat dink aan ‘n […]

    Reply
  • 3. Roer  |  Mei 20, 2008 om 6:30 nm

    Freek Robinson het laas week min of meer dieselfde gesê as wat Zuit nou sê. Dialoog en baie daarvan is ‘n begin.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: