Gelykenis

Junie 5, 2008 at 9:00 vm 6 Kommentaar

Een dag hoor Oom Leeu ‘n vreeslike geskreeu. By nadere ondersoek ontdek hy dat Olifantjie in ‘n groot gat geval het. Oom Leeu sê: “Moenie paniekerig raak nie, Olifantjie. Ek gaan haal gou my BMW [of Hummer of ander oordadige voertuig] dan sleep ek jou uit.”

Oom Leeu gaan haal sy BMW en sleep ‘n dankbare Olifantjie uit die sloot uit.

‘n Week later loop Olifantjie rustig in die bos, toe hy ‘n vreeslike gebrul hoor. By nadere ondersoek ontdek hy dat Oom Leeu in die sloot geval het! Olifantjie sê: “Moenie bekommerd wees nie, Oom Leeu, ek laat sak gou my slurpie dan trek ek jou uit die sloot uit.”

Olifantjie laat sak sy slurpie en trek vir Oom Leeu uit die sloot uit.

Moral of the story? As jy ‘n lang slurpie het, het jy nie ‘n BMW [of Hummer of ander oordadige voertuig] nodig nie.

Vandag is Wêreld Omgewingsdag. Wat doen jy om die aarde te beskerm?

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Vat so! Seisoen van Groen

6 Kommentaar Add your own

  • 1. Pienk Zuit  |  Junie 5, 2008 om 12:22 nm

    Die Man met die Pienk Zuit weet nog steeds alles.

    Reply
  • 2. Jaco  |  Junie 5, 2008 om 1:29 nm

    En as jy nie ‘n lang slurpie het nie, maar steeds iets wil doen om die aarde te beskerm? Is daar ‘n goue middeweg?

    Reply
  • 3. maeree  |  Junie 6, 2008 om 12:59 nm

    hoekom sê niemand enigiets oor die foto nie?!
    en hoekom antwoord niemand die vraag nie?

    Reply
  • 4. inderdaad  |  Junie 6, 2008 om 1:26 nm

    […] Comments maeree on Gelykenismaeree on Stof ou kennis affreddy on Stof ou kennis afJaco on GelykenisPienk Zuit on […]

    Reply
  • 5. Pienk Zuit  |  Junie 6, 2008 om 4:04 nm

    Dis amper soos die foto wat die email rondtes gedoen het (hier: http://www.telegraph.co.uk/news/newstopics/howaboutthat/1952452/Swiss-couple-on-safari-has-close-encounters-of-the-elephant-kind.html). Daai bul het ook so ‘n groot “slurp” gehad. Die uitdrukking op die couple se gesigte is kosbaar; die man lyk vreesbevange, die vrou lyk amper iets soos jaloers of opgewonde.

    Reply
  • 6. maeree  |  Junie 8, 2008 om 9:07 nm

    zuit, daai’s nou projeksie as ek al ooit projeksie teëgekom het.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: