Die donker kant van groen

Junie 10, 2008 at 3:10 nm 13 Kommentaar

Johan lig in sy kommentaar die probleem met ekologiese verantwoordelikheid vir ons uit.  Elke poging om groen te wees, het ook maar ‘n negatiewe kant.  Neem bv. die mode om organiese kos te eet.  Dis alles goed en wel, maar baie van die organiese kos in SA word ingevoer – dit los ‘n massiewe carbon footprint.  Biofuels is kontroversieël en mense vra of dit regtig volhoubaar is.

Dan is daar ook die kwesse van energie-besparende ligte.  Wonderlike idee.  Behalwe, die goed is vol kwik!  Jy kan nie kwik sommer net weggooi nie!  Dis kwik, magtag! Ek weet vir ‘n feit dat my plaaslike stadsraad besluit het om niks daaraan te doen nie, want dit gaan eers oor omtrent 10 jaar werklik ‘n krisis wees.

Drie hoera’s dan vir die redders van die aarde, Woolworths, wat spesiale houers het waarin ‘n mens hierdie ligte kan weggooi.  Ongelukkig het ek dit nog nooit gesien nie, maar hulle sê dit is so.

As dit so is, of eendag so word:  gebruik dit!

Wat gaan jy intussen met jou nie-herlaaibare batterye maak?  Vir wat gebruik jy nie-herlaaibare batterye?!  Die goed is ewe giftig en kan nie by gewone asgate weggegooi word nie (nie dat dit enigiemand keer nie).

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Ode aan alle werklik magtige mans Almal kan iets sê

13 Kommentaar Add your own

  • 1. Bertus!  |  Junie 10, 2008 om 4:12 nm

    Daar is geen verskoning vir enigiemand in Suid-Afrika om ingevoerde organiese kos te eet nie. Byna elke dorp het ‘n boeremark waar jy van plaaslike produsente kan koop. Verder kan mens bloot op winkelrakke na die etiket kyk, as dit ingevoer is, is daar waarskynlik ‘n plaaslike (goedkoper en varser) ekwivalent reg langsaan. Alternatief kan mense ook met vriende wat vrugtebome het reeling tref om vrugte te ruil. Of plant jou eie groentetuin. Daar is geen donkerkant aan vars kos as jy net moeite doen nie.

    Reply
  • 2. freddy  |  Junie 10, 2008 om 7:54 nm

    Organiese kos is problematies.

    Almal wat ek nog ontmoet het met vrugtebome in hulle tuine, spuit die goed met gif. Of die wat groente verbou, gebruik kunsmisstowwe en ander dergelike goete.

    Die plaaslike boeremark kan meesal gediskwalifiseer word van as “organies”, want selfs die sade wat gebruik is om te plant, is chemies behandel. Selfs al koop jy jou eie saad en bring geen kunsmatige ding naby nie, is dit nog nie te se dis organies nie.

    Verder eet mense organiese kos omdat hulle nie gif in hulle lywe soek nie. Dit gaan nie juis oor die redding van die aarde nie.

    Ons gesin doen ons deel vir die diertjies vd planeet. My dogtertjie se hasie het nou 9 kleintjies. :-)

    Reply
  • 3. Bertus!  |  Junie 11, 2008 om 6:07 vm

    Freddy, as dit met gif bespuit word, is dit nie organies nie, so ek dink nie jy kan dit as ‘n probleem met organiese kos bestempel nie.
    Goeie organiese boeremarkte het ‘n beleid dat jou kos inderdaad organies moet wees of jy diskwalifiseer – ek weet dit was die geval met my ou ene in Hermanus. As dit by jou boermark nie die geval is nie en hulle gebruik inderdaad chemicals, moet jy beslis jou stem verhef daaroor en vra dat hulle dit aanpas.

    Reply
  • 4. netjane  |  Junie 11, 2008 om 1:08 nm

    Ek herwin so mooi hier in Swede, want mens kan! (Jy sal weet). Ek weet nie presies hoe ek gaan aanpas terug in JHB nie, want noudat ek presies sien hoeveel “goed” ‘n mens verbruik kan ek nie weer teruggaan na alles in die asblik gooi nie…

    Ek kan nie sien hoe moeilik dit is vir ‘n groot supermark groep om houers vir batterye en gloeilampe neer te sit nie – dis mos “skoon” goed met geen reuke ens aan verbonde nie…

    Verder gee dit my ook groot satisfaksie om enige blikkies en bottels in “pant” masjiene hier te druk, ek hou van die geluid…

    Reply
  • 5. Pienk Zuit  |  Junie 11, 2008 om 2:16 nm

    Organies IS NIE GELYK AAN Goed vir Moeder Aarde nie. Om die waarheid te sê, organies kan heelwat slegter wees. Groot fabriekplase kan net so maklik organies wees as nie-organies:
    http://depletedcranium.com/?p=636

    Om plaaslik te koop is baie belangriker as om organies te koop.

    Reply
  • 6. maeree  |  Junie 11, 2008 om 6:24 nm

    die punt is nie organiese kos nie, magtag. dis bulbs met kwik.

    netjane, daai goed is flippen fantasties! en die idee dat jy vouchers kry om te kan kos koop, is geniaal. ai, hoe wens ek nou ons was soos die swede.
    jy het nie dalk ‘n foto van een van daai goed nie (sorry, ek’t nooit uitgevind wat mens dit noem nie)? mail dit asb vir my by maeree by gmail, dan kan ek daaroor blog – dit pas mooi in by die seisoen van groen.

    Reply
  • 7. netjane  |  Junie 11, 2008 om 7:09 nm

    Ek moet juis môre gaan herwin, ek neem sommer vir jou ‘n foto van die herwinningstasie ook.

    Reply
  • 8. Bertus!  |  Junie 11, 2008 om 7:42 nm

    organies is goed vir mens se lyf. organies is ook goed vir moeder aarde. daar is geen debat daaroor nie. ek gaan nie maak asof daar ‘n debat daaroor is nie, want daar is nie

    Reply
  • 9. Johan Swarts  |  Junie 18, 2008 om 12:31 vm

    hmm…bertus!, ek stem met jou saam en ek stem gelyktydig ook met zuit saam.

    dit hang seker af vanuit watter hoek jy daarna kyk. natuurlik is organiese kos goed vir jou, maar jy kan redeneer tot jy blou in die gesig is – dit is nie uitsluitlig goed vir die planeet nie, want diti bestaan in isolasie nie.

    die glas wat gebruik word om daai kos in te sit, die elektrisiteit wat gebruik is om skrynwerkerstoerusting te power wat die winkelrakke geskaaf het, die petrol wat uitgery word deur klante om tot by die winkel te kom, die vlieggif wat dalk in die dak hang en later weggegooi gaan word – al hierdie dinge (en talle, talle meer) moet vervaardig of gegenereer word en sal op die ou einde maar ‘n carbon footprint los.

    of mis ek iets?

    Reply
  • 10. Johan Swarts  |  Junie 18, 2008 om 12:31 vm

    *uitsluitlik goed

    Reply
  • 11. Johan Swarts  |  Junie 18, 2008 om 12:31 vm

    (good grief, daar’s nog ander foute ook. groot omverskoning.)

    Reply
  • 12. maeree  |  Junie 18, 2008 om 9:52 vm

    johan kan nie skryf nie / johan kan nie skryf nie / nanananana

    Reply
  • 13. Johan Swarts  |  Junie 18, 2008 om 4:44 nm

    /me huil in ‘n hoekie

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: