Herwin Herwinner Herwinste

Junie 20, 2008 at 11:28 vm 1 comment

Op 4 Junie 2006 het ek hartroerend vertel van die worsteling om Swede te verlaat.  Die hoop dat ek dalk, eendag, nie meer sal wil terugkeer Swede toe nie, het liederlik beskaam.

NetJane het my weer herinner aan een van die magdom wonders wat deel is van die daaglikse lewe in Swede (en vir my ‘n foto gestuur).

By die supermarkte is daar hierdie wonderlike goed.  (Die een waarmee ons gewerk het, was nie so fancy soos die een op die foto nie, maar ons het in die slums gewoon.)  Jy neem alle leë bottels en leë blikkies en gooi dit in die masjien in.  Soos NetJane ook genoem het, maak dit ‘n heerlik bevredigende meganiese geluid wanneer jy die voorwerpe in die masjien gooi.  Wanneer jy klaar is, druk jy ‘n knoppie en siedaar, jy kry ‘n koopbewys vir die supermark.  Of jy kan kies om die geld vir ‘n welsynsorganisasie te skenk.

Briljant.  Wonderlik. Fenomenaal.

Wat verhoed enige van die supermarkte in SA om dieselfde te doen?

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Frack Soveel nuwe CD’s

1 Kommentaar Add your own

  • 1. rosalindfranklin  |  Junie 20, 2008 om 8:17 nm

    Domgeit. Dit is wat ons verhoed om dit hier ook te doen.

    Die geluid wat die masjien maak sal vir my verslawend wees. Ek sal heeldag blikke aandra.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: