Grahamstad in die koue

Julie 3, 2008 at 9:18 vm 4 Kommentaar

Terwyl ek gaan vir my jaarlikse dosis kos wat aan afgode geoffer is, vang hierdie aanhaling my ewe skielik vas:

“Nor wild Romance nor Pride allured me here:

Duty and Destiny with equal voice

Constrained my steps: I had no other choice…

Something for Africa to do or say.” (Pringle)

Hier staan ek.  Ek kan nie anders nie.

(In ander nuus:  ek het vir my skoonma mooi verduidelik dat die Nasionale Kunstefees op Grahamstad nie is soos die KKNK nie.  Daar is geen ooreenkomste nie.  Sy het steeds gekies om saam te gaan.  Kan ek dan help as haar enigste kommentaar was “Hier is nie eers Afrikaanse sangers nie.  Op Oudshoorn is daar baie Afrikaanse sangers wat mens kan gaan kyk.”  Eintlik is ek dankbaar.  Ek het verwag dat die kommentaar sou wees oor die feestelike multikulturaliteit.)

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Die Hoof van die Huis Genugtig

4 Kommentaar Add your own

  • 1. freddy  |  Julie 4, 2008 om 7:12 vm

    Interessant dat mens die sangers gaan KYK. Is seker reg gepraat…

    Reply
  • 2. Wipneus!  |  Julie 4, 2008 om 9:38 vm

    Ek was nog nie by die Grahamstad fees nie, sal graag wil gaan.

    Reply
  • 3. Pienk Zuit  |  Julie 4, 2008 om 12:51 nm

    So ek neem aan die 100% Boer stalletjie doen nie baie goed nie?

    Reply
  • 4. maeree  |  Julie 6, 2008 om 5:05 nm

    hoekom sê niemand enigiets oor die afrika-quote nie??

    wipneus, die fees is wonderlik! dis ‘n regte-egte kunsfees, nie ‘n bierfees met mense wat coverversions sing nie. dis vibrant en boheems en uitdagend en verbreed jou horisonne. en jy kan ‘n funny hoed dra (maar nie as jou skoonma saamgaan nie).

    zuit, glad nie. gooimielies is daar, maar baie besadig.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: