Archive for Augustus, 2008

En vandag voel ek:

Advertisements

Augustus 29, 2008 at 12:39 nm 3 Kommentaar

Eksperiment

Ek voel vandag só:

Augustus 28, 2008 at 11:00 vm 2 Kommentaar

Die Groot Zombie vs Vampier Debat

Ek hou van Zombies.  Die Hoof van die Huis sê hy verkies veel eerder vampiere.  (Persoonlik het ek geen probleem met vampiere nie – veral nie die soort wat ons in “From Dusk till Dawn” vind nie.)  Vampiere het meer klas, beweer die Hoof van die Huis.  Klas-shmlas, sê ek.  Ek kies enige dag ‘n straight-forward Zombie bo ‘n simbool-van-gevaarlike-seksualiteit-vampier.

En as dit kom by Zombie-Zombie of Vampier-Vampier speel, sal ek enige tyd enige van die twee wees.  Die eindressultaat is immers dieselfde en ek kou graag aan die Hoof van die Huis.

Augustus 25, 2008 at 1:54 nm 15 Kommentaar

Zombies Zombies, oral Zombies

Ons almal het vriende soos Bertus! nodig.  Vriende wat jou belange op die hart dra, wat werklik vir jou omgee en seker maak dat jy basiese oorlewingskennis het.  Daarom het my hart warm geklop toe Bertus! hierdie inligting met my gedeel het.

Dit is algemeen bekend dat zombie movies my gunsteling is.  Groot was my vreugde egter toe ek die dag ‘n nuwe genre in my plaaslike boekwinkel ontdek:  Zombie Novels!  (Ek was egter nie voorbereid vir die geeks wat by die winkel werk, se uitbundige reaksie nie:  “Hou jy van zombie novels?  Het jy al hierdie een gelees?  En hierdie een?  Oe, oe, jy moet dié een lees…”)

En so begin ek met David Wellington se vreesaanjaende “Monster Island“.  Heelwat erger as enige fliek, want hier maak jy op jou eie verbeelding staat.  Die feit dat dit Somaliese meisie-soldate is wat die vermoëns het om die plaag van zombies te oorleef, dra natuurlik by tot die hoë gehalte letterkunde.

Nou dat ek my pad deur Monster Nation en Monster Planet gewerk het, dring my plaaslike geeks daarop aan dat World War Z – An oral history of the Zombie war volgende is.

Augustus 13, 2008 at 2:21 nm 23 Kommentaar

Die F-woord

Augustus 12, 2008 at 9:23 vm 1 comment

Uniegebou, 9 Augustus 1956

Ek werk in ‘n organisasie waar minder as 10% van die leiers vroue is. Ek sal verbaas wees as dit 5% is. Meeste van hulle word nie vol salarisse betaal nie.

My lewe is een van eerstes. Eerste vroulike dit, eerste vroulike dat. Ek kan nie meer die kere wat ek “die eerste vrou” genoem is, tel nie. Ek kan nie in woorde beskryf wat dit my gekos het nie.

Sommige mense neem aanstoot dat daar ‘n Vrouedag is. Baie van die wat dit wel vier, dink dit beteken dat vroue koffie in die bed moet kry en bied spesiale kursusse oor grimering aan. Hulle vergeet van die vroue wat hul lewens gewaag het om vir ‘n nasie te baklei met die woorde “You strike a woman, you strike a rock.”

Die wêreld lyk anders vir vroue as wat dit 10 jaar terug gelyk het – as wat dit gelyk het toe ek begin werk het. Die organisasie waar ek werk, lyk heelwat anders. Oor 10 jaar (hoop, glo en bid ek) lyk dit nóg beter vir vroue. Ek hoop dat daar oor 10 jaar meer vroue in leiersposisies sal wees. Ek hoop dat hulle ordentlik betaal sal word. Ek hoop dat hulle nie meer die eerste vroulike dit of dat sal wees nie. Ek hoop om ‘n aandeel te hê in hierdie verandering.

Oor 10 jaar sal ‘n jong vrou begin werk en dink die wêreld het nog altyd so gelyk. Dan sal ek bly wees.

Ek is dankbaar vir elke vrou en man wat my hoop deel.

Augustus 8, 2008 at 12:08 nm 5 Kommentaar

Niemand het my getag nie

Maar ek dink Dellie se speletjie is cool.

1. Besch, Saarland (Germany), 2. My secret blue paradise :), 3. Spring Jubilation, 4. yawn, 5. Smoking, 6. Step by step… steadily ♫♫, 7. Wildebeest, 8. Flickr meltdown, 9. 蝴 butterfly 蝶, 10. Call of the Raven (formerly Nature’s Special Effects), 11. Watering the Wall of Indifference, 12. Peace Moment

Augustus 7, 2008 at 2:08 nm 10 Kommentaar


Feeds