Uniegebou, 9 Augustus 1956

Augustus 8, 2008 at 12:08 nm 5 Kommentaar

Ek werk in ‘n organisasie waar minder as 10% van die leiers vroue is. Ek sal verbaas wees as dit 5% is. Meeste van hulle word nie vol salarisse betaal nie.

My lewe is een van eerstes. Eerste vroulike dit, eerste vroulike dat. Ek kan nie meer die kere wat ek “die eerste vrou” genoem is, tel nie. Ek kan nie in woorde beskryf wat dit my gekos het nie.

Sommige mense neem aanstoot dat daar ‘n Vrouedag is. Baie van die wat dit wel vier, dink dit beteken dat vroue koffie in die bed moet kry en bied spesiale kursusse oor grimering aan. Hulle vergeet van die vroue wat hul lewens gewaag het om vir ‘n nasie te baklei met die woorde “You strike a woman, you strike a rock.”

Die wêreld lyk anders vir vroue as wat dit 10 jaar terug gelyk het – as wat dit gelyk het toe ek begin werk het. Die organisasie waar ek werk, lyk heelwat anders. Oor 10 jaar (hoop, glo en bid ek) lyk dit nóg beter vir vroue. Ek hoop dat daar oor 10 jaar meer vroue in leiersposisies sal wees. Ek hoop dat hulle ordentlik betaal sal word. Ek hoop dat hulle nie meer die eerste vroulike dit of dat sal wees nie. Ek hoop om ‘n aandeel te hê in hierdie verandering.

Oor 10 jaar sal ‘n jong vrou begin werk en dink die wêreld het nog altyd so gelyk. Dan sal ek bly wees.

Ek is dankbaar vir elke vrou en man wat my hoop deel.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Niemand het my getag nie Die F-woord

5 Kommentaar Add your own

  • 1. Sonkind  |  Augustus 8, 2008 om 7:43 nm

    Dankie Maeree – mooi skrywe hierdie. Ek is bevoorreg genoeg om in ‘n maatskappy te werk waar daar meer vroue in hoë poste as mans is, en ek moet erken, dis nogal soms erger om ‘n vrouebaas te hê as ‘n man ;-)

    Antwoord
  • 2. rosalindfranklin  |  Augustus 11, 2008 om 4:51 nm

    Vrouedag is nie Moederdag wanneer ma nie hoef skottelgoed te was nie. Dit is veel-veel meer. Wat my verstom is dat ons in 2008, hier en in die res van die wereld nog my “vroue eestes is”.

    Ek het oor die letterlike betekenis van “you strike a woman…” gedink die naweek. Ek besef dit is simbolies, maar tog. Hoekom word vroue steeds gestrike/geslaan, fisies dan, maar ook simbolies. In die eerste plek moet dit nie gebeur nie.

    Sal ons uitkom by: “Once we struck a woman, but then we realised….” of so iets?

    (hierdie is so lekker blog)

    Antwoord
  • 3. maeree  |  Augustus 12, 2008 om 9:36 vm

    *curtsy*

    sonkind, ek vermoed meeste base is erg. ek dink ook dat mense verwag vrouens moet nicer wees, en dan’s hulle verbaas as ons nie is nie. ek weet my sekretaresse haaaat my, gewoon omdat sy nie daarmee kan wegkom om lang middagetes te vat, laat in te kom en vroeg te loop nie. sy dink bv. ook ek moet slack gee as sy menstrueer. wtf?

    rosalind, ek stem! ek was verlede week juis weer in ‘n gesprek met ‘n klomp (swart) mans oor die manier wat vroue behandel word – en het gisteraand ‘n gesprek op sabc1 se “take 5” oor date rape gekyk. ons leef in ‘n land (wêreld?) waar vroue elke sekonde geslaan, verkrag en vermoor word, waar mans en vroue dink dis okay om vroue te mishandel en/of te verneder. hoe enigiemand dan kan dink vroueregte is nie ‘n issue nie, gaan my verstand te bowe.

    Antwoord
  • 4. rosalindfranklin  |  Augustus 13, 2008 om 5:26 nm

    myne ook en vroue wat opstaan vir die basiese, baie basiese regte word met die groot, “vieslike” F-woord, hier-bo gebrandmerk. as ‘n mannetjies-agtige lesbier wat, mans wil ontman en teen die gesin is!
    ek VERSTAAN dit nie. ek wil dit nie verstaan nie.

    maar miskien het sulke mense nog nooit gepraat met ‘n vrou wat gegang-rape is, omdat sy laataand in ‘n taxi gery het nie. of met ‘n vrou wat haar huis verloor het na haar man se dood, omdat haar “geloof en tradisie” se sy kan nie eiendom besit nie.

    Antwoord
  • 5. Johan Swarts  |  Augustus 14, 2008 om 6:41 nm

    met verwysing na jou revolusie-aanhaling van pratchet hieronder wil ek graag weet of jy dink daai droom van jou gaan oor, sê, ‘n honderd jaar weer verdwyn?

    dalk selfs vir mans?

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: