Zombies Zombies, oral Zombies

Augustus 13, 2008 at 2:21 nm 23 Kommentaar

Ons almal het vriende soos Bertus! nodig.  Vriende wat jou belange op die hart dra, wat werklik vir jou omgee en seker maak dat jy basiese oorlewingskennis het.  Daarom het my hart warm geklop toe Bertus! hierdie inligting met my gedeel het.

Dit is algemeen bekend dat zombie movies my gunsteling is.  Groot was my vreugde egter toe ek die dag ‘n nuwe genre in my plaaslike boekwinkel ontdek:  Zombie Novels!  (Ek was egter nie voorbereid vir die geeks wat by die winkel werk, se uitbundige reaksie nie:  “Hou jy van zombie novels?  Het jy al hierdie een gelees?  En hierdie een?  Oe, oe, jy moet dié een lees…”)

En so begin ek met David Wellington se vreesaanjaende “Monster Island“.  Heelwat erger as enige fliek, want hier maak jy op jou eie verbeelding staat.  Die feit dat dit Somaliese meisie-soldate is wat die vermoëns het om die plaag van zombies te oorleef, dra natuurlik by tot die hoë gehalte letterkunde.

Nou dat ek my pad deur Monster Nation en Monster Planet gewerk het, dring my plaaslike geeks daarop aan dat World War Z – An oral history of the Zombie war volgende is.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Die F-woord Die Groot Zombie vs Vampier Debat

23 Kommentaar Add your own

  • 1. Bertus!  |  Augustus 13, 2008 om 2:54 nm

    Ek gaan nou vir my baas se^ cheers, dan gaan ek boekwinkel toe.

    Reply
  • 2. Pienk Zuit  |  Augustus 14, 2008 om 8:52 vm

    Ek het op hierdie stukkie handige raad afgekom, wat vertel hoekom ‘n haelgeweer nie ‘n goeie wapen is teen zombies nie. Baie nuttig van wanneer zombies jou aanval. Want dan kan mens nie bekostig om die verkeerde wapen te hê nie.

    Reply
  • 3. Bertus!  |  Augustus 14, 2008 om 4:25 nm

    Verpligte kykstorf:

    Reply
  • 4. maeree  |  Augustus 14, 2008 om 5:02 nm

    bertus! ek is altyd bly as ek vir jou iets kan beteken. laat weet of jy world war z geniet.

    zuit, in bg boeke gebruik die somaliese meisies natuurlik ak47’s. wat verstommend is, is die 136 kommentare op die artikel waarna jy verwys.

    en soos altyd, bertus!, verkondig jy ‘n boodskap wat die verskil is tussen lewe en dood.

    Reply
  • 5. maeree  |  Augustus 14, 2008 om 5:08 nm

    behalwe, bertus!, dat daardie video jou reeds aan die begin al jou lewe gaan kos. in hul “what is a zombie” hou hulle nie rekening met super-zombies nie. nie alleen kan super-zombies koerant lees nie, hulle het ook super powers.

    ek is ook bekommerd oor hul raad om in ‘n verlate huis te gaan skuil. ons almal weet dat daar reeds ‘n zombie in die verlate huis se basement/kombuis/hoofslaakamer/badkamer is.

    Reply
  • 6. Pienk Zuit  |  Augustus 15, 2008 om 8:46 vm

    Die verlate huis se basement het my nou daaraan laat dink, so al is daar nie zombies in nie, lees The Road van Cormac McCarthy.

    Ek gee julle ‘n kans om dit eers te lees, dan post ek daaroor en dan kan ons gesels.

    LEES DIT!

    Reply
  • 7. Bertus!  |  Augustus 15, 2008 om 10:45 vm

    Ek het The Road gelees en moet se^, dis die woeste basement scene wat ek al gelees het (indien ons aan dieselfde een dink).

    Stephen King se Cell is natuurlik ook ‘n zombie-roman. Nie die beste een ooit nie, maar heel skaflik.

    En dan is daar Wit Uhuru, die eerste Afrikaanse zombie-roman wat volgende jaar verskyn. Merk dit solank in jul dagboeke.

    Reply
  • 8. maeree  |  Augustus 15, 2008 om 1:49 nm

    ek sien “the road” was deel van oprah se book club. ek lees nie touchie feely goed nie.

    bertus!, ons hou ons asems op.

    Reply
  • 9. Pienk Zuit  |  Augustus 15, 2008 om 3:23 nm

    moenie worry nie maeree, niks wat getouch of gefeel in die boek nie. In elk geval nie soos Oprah dit wil touch and feel nie.

    Reply
  • 10. Pienk Zuit  |  Augustus 15, 2008 om 3:46 nm

    Stel dit so, dis soos ‘n zombie boek, sonder zombies.

    Reply
  • 11. Bertus!  |  Augustus 17, 2008 om 8:39 vm

    Max Brooks se Top 10 zombie survival tips:

    1. Organize before they rise!
    2. They feel no fear, why should you?
    3. Use your head: cut off theirs.
    4. Blades don’t need reloading
    5. Ideal protection = tight clothes, short hair.
    6. Get up the staircase, then destroy it.
    7. Get out of the car, get onto the bike.
    8. Keep moving, keep low, keep quiet, keep alert!
    9. No place is safe, only safer.
    10. The zombie may be gone, but the threat lives on.

    Reply
  • 12. Bertus!  |  Augustus 17, 2008 om 3:29 nm

    Excellent advies:
    http://www.randomhouse.com/crown/zombiesurvivalguide/index2.html

    Reply
  • 13. rosalindfranklin  |  Augustus 19, 2008 om 5:31 nm

    5. Ideal protection = tight clothes, short hair.

    ek sal OK wees.

    help knoffel?

    Reply
  • 14. kat  |  Augustus 22, 2008 om 8:25 vm

    Zombies? Jy moet my vrou sien tussen 6h en 7h in die oggend.

    Reply
  • 15. fredddels  |  Augustus 22, 2008 om 8:40 vm

    Ek het nog altyd die blogs geniet. Gegiggel vir snaakse goedjies, ‘n traan afgesluk vir hartseer goete, saam kwaadgeword, ens. ens.

    MAAR KAN ENIGIEMAND ASSEBLIEF NOU VIR MY, SOOS VIR ‘N GRAAD 2 KIND, VERDUIDELIK HOEKOM HIERDIE ZOMBIE FENOMEEN ENIGSINS STIMULEREND / LEKKER / EXCITING / KREATIEF / GENIETBAAR IS?

    Ek voel soos Robert Mugabe in Times Square. Puhleeeeze just explain. Vertel my hoekom is dit nice? Wat gaan aan? Julle maak my mal en ek probeer saamlees, maar niks hiervan tick by my nie. Bertus? Zuit? Maeree? Rosa?

    Ek vermoed the Zombie Attack already started.

    Reply
  • 16. fredddels  |  Augustus 22, 2008 om 8:43 vm

    Gee my ‘n verduideliking soos: “Ons voel soms asof die wereld rondom ons breinloos geword het, en ons weet nie hoe om daaruit te ontsnap nie.” Dit sal al ‘n begin wees vir my. Maar hel, ek kan nie so aangaan nie.

    Reply
  • 17. Bertus!  |  Augustus 22, 2008 om 9:07 vm

    Rosalind, beslis nie. Knoffel werk vir vampiere. ‘n Zombie en vampier is hoegenaamd nie eenders nie. Al wat werk vir ‘n zombie is ‘n geweerskoot in die kop of om hom aan die brand te steek. Jy kan hom ook vries, maar as hy ontdooi, is hy terug in die sop.

    Reply
  • 18. Bertus!  |  Augustus 22, 2008 om 9:08 vm

    Freddy, ek is bevrees jy klink vir my al te veel na een van daai dwase maagde wat nie olie in haar lampie het nie. Die zombies gaan eendag opdaag, dan is jy heeltemal onvoorbereid.

    Reply
  • 19. maeree  |  Augustus 23, 2008 om 9:44 vm

    zuit, ek kyk geen flieks waar mense mekaar doodmaak nie – oorlogsflieks, goed soos hostel, edm. so ek’s bietjie bekommerd oor daai boek wat jy voorstel.

    bertus! i’ve created a monster! aargh! (ek soek steeds kommissie)

    rosalind, wat ook werk is om die naaste endearing geek te vind. jy weet, die oulike outjie wat bietjie lomp en onnosel is maar almal laat lag. bly by hom. hy gaan nooit dood nie.

    fredddels, ek dink bertus! se antwoord is goed. maar ingeval dit jou nie bevredig nie: daar is natuurlik die hele kwessie van die mens se vrees vir die dood en soeke na ewige lewe – en vrees vir wat die ewige lewe inhou. of die feit dat die monsters in die wêreld nie van ‘n ander planeet af kom nie, maar ander mense is. dit is interessant dat die “lewendige” mense in baie zombie flieks gevaarliker is as die zombies.
    maar niks van bg is die eintlike rede nie. die eintlike rede is monsters wat – voete sleepend, arms reguit voor hulle uitgestrek – agter jou aan geskuifel kom, mond groot oopgerek, “argh.. gkgg” jou bloed soek!

    wees voorbereid! the end is neigh!

    Reply
  • 20. fredddels  |  Augustus 23, 2008 om 12:14 nm

    So dit kom neer op die volgende:

    .

    Reply
  • 21. Pienk Zuit  |  Augustus 25, 2008 om 2:54 nm

    Bertus!, as daar 2 goed is waarvan jy Freddy nie kan beskuldig nie, is dit:
    1. Dat hy dwaas is,
    2. dat hy ‘n maagd is.

    Reply
  • 22. rosalindfranklin  |  Augustus 25, 2008 om 5:39 nm

    Ek wou net se, Bertus, dat as ek ‘n maagd was sou my lampie VOL olie gewees het.
    Ek vind vampires nou weer interessant, hulle kan vir ewig lewe, al wat hulle kan doodmaak is sonlig en ‘n houtlem in die hart. En niemand glo hulle bestaan regtig nie, ne.

    Reply
  • 23. jana  |  Augustus 28, 2008 om 11:46 vm

    hi

    dalk kan jy my help.

    as kind het ek ‘n film aanskou wat so ‘n indruk op my gelaat het dat ek nou nog soms daaraan dink en selfs daarvan droom! ek het geen idee wat die naam was nie en kan ook nie al die gegewens onthou nie.

    die fliek moes uitgekom het enigiets tussen die 70’s en einde 80’s. hoewel ek sterk vermoed die fliek is in die tagtigerjare gemaak.

    dit speel af op ‘n klein eilandjie, maar nie soos ‘n survivor of lost-eiland nie, nee, meer iets soos fire island of een van daai klein eilandjiedorpies om new york.

    en dis ‘n gemeenskap wat daar woon en in die begin lyk alles doodnormaal, alles op die oog af.

    daar is ‘n jong paartjie wat soontoe gaan, of daar bly of vakansie hou of honeymoon of iets (ek vermoed hulle is toe net getroud).

    ek onthou die image van ‘n ou tannie wat wasgoed van die draad afhaal en vir hulle waai soos hulle verbykom. ‘n recurring beeld is ‘n klein kiddie op ‘n driewielfietsie wat al ry en ry en ry.

    later freak alles natuurlik uit en hulle moet vlug vir hulle lewe cause everyone’s out to get you.
    ek het ‘n image van so ‘n ou gotiese-amerikaanse-south looking kerk en dan hardloop die karakter soontoe en daar is reen en weerlig en die kerk word met weerlig getref.

    ek kan nie veel verder onthou nie, ek weet net dit was vir my skrikwekkend at the time. die kind op die driewielfietsie en dan die roeibootjies (ek dink mens kon met ‘n roeibootjie ook op die eiland kom).

    het jy dalk enigsins remotely ‘n idee wat dit kan wees?
    of kan jy my verwys na ‘n plek waar ek verder kan gaan soek daarna?
    dankie!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: