Die geval van die misterieuse plastiek tentjie

September 4, 2008 at 9:54 vm 10 Kommentaar

My kar is mý kar.  Niemand anders ry daarmee nie.  Soms sal die Hoof van die Huis bestuur, maar dan is ek gewoonlik by en nie lus vir bestuur nie.  As ek nie met my kar ry nie, word dit toegesluit.   Niemand anders kan in my kar kom nie.

Ek was gevolglik effens gegooi toe ek Maandag ‘n plastiek speelgoed tentjie op die kar se vloer vind.  Hoe het die tentjie sy pad in my kar in gevind?

Die groot vraag is egter:  waarheen wil die tentjie gaan?  Hy het duidelik ‘n verwagting dat ek hom êrens heen sal neem, iewers gaan aflaai waar hy nodig is.  Het enigiemand enige idee waarheen Tentjie wil gaan?

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Malaysian man gets nut stuck around penis Ek dink sy’s ernstig

10 Kommentaar Add your own

  • 1. Pienk Zuit  |  September 4, 2008 om 11:09 vm

    Lyk soos ‘n markiestent, gereed vir ‘n Benny Hinn crusade of so iets. Miskien wil hy net saamgaan op jou crusade.

    Reply
  • 2. Sonkind  |  September 4, 2008 om 8:29 nm

    Die tentjie is dalk ‘n manifestasie van waarheen JY wil gaan :lol:

    Reply
  • 3. fredddels  |  September 5, 2008 om 1:42 nm

    Die antwoord is eenvoudig: Word ‘n tentmaker, al is dit net op klein skaal.

    Reply
  • 4. boggom  |  September 5, 2008 om 5:12 nm

    hmmmmmmmmmm…….nee wat, te diep vir my

    Reply
  • 5. Bertus!  |  September 7, 2008 om 11:38 vm

    Dis ‘n hamster se tent.

    Reply
  • 6. Johan Swarts  |  September 8, 2008 om 10:22 nm

    kief tent.

    dalk wil hy na ee nvan daai vlugtelingkampe in darfoer gaan.

    Reply
  • 7. Bertus!  |  September 9, 2008 om 7:53 vm

    Stuur dit na ‘n vlugtelingkamp in Burundi vir die pigmees.

    Reply
  • 8. Johan Swarts  |  September 9, 2008 om 2:16 nm

    lol

    Reply
  • 9. rosalindfranklin  |  September 10, 2008 om 2:03 nm

    Die vraag is wie bly in die tentjie?

    Reply
  • 10. Tentjie vind ‘n tuiste « inderdaad  |  Maart 16, 2009 om 5:12 nm

    […] 16, 2009 Die tentjie het toe uiteindelik aangekom by die plek waar dit wou wees.  Hoe lank dit daar gaan bly, sal net […]

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: