Ek dink sy’s ernstig

September 10, 2008 at 4:49 nm 9 Kommentaar

“Feminism is a socialist, anti-family, political movement that encourages women to leave their husbands, kill their children, practice witchcraft, destroy capitalism and become lesbians.” – Pat Robertson

http://truthxposedwomen.blogspot.com

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Die geval van die misterieuse plastiek tentjie Maeree is in the house.

9 Kommentaar Add your own

  • 1. George Maru  |  September 10, 2008 om 7:19 nm

    Oe! Pat Robertson quotes. Love it! Hier’s een van Pat Buchanan vir die zoo: “The real liberators of American women were not the feminist noise-makers, they were the automobile, the supermarket, the shopping center, the dishwasher, the washer-dryer, the freezer.”

    Antwoord
  • 2. Sonkind  |  September 10, 2008 om 9:26 nm

    Sy is MAL, never mind ernstig!

    Antwoord
  • 3. Bertus!  |  September 11, 2008 om 8:38 vm

    Pat Robertson is ‘n man.

    Hy het ook gese^:

    “Many of those people involved with Adolph Hitler were Satanists, many of them were homosexuals — the two things seem to go together.”

    Antwoord
  • 4. PienkZuit  |  September 11, 2008 om 11:27 vm

    Bertus!, click op die link. Dis die skrywer van daardie blog wat ‘n vrou is, en vir Pat aanhaal.

    Natuurlik is sy ernstig, want sy is Reg. Sy het die Truth (copyright ltd) aan haar kant.

    Antwoord
  • 5. Pienk Zuit  |  September 11, 2008 om 9:22 nm

    Ek sien Die Burger probeer bietjie kontroversie skep rondom oom Angus:
    http://www.dieburger.com/Stories/News/18.0.867162996.aspx

    Onderaan die berig hierdie opmerking wat ek gedink het jy sal geniet :
    “Omdat onderdanigheid nou al uit die huweliksrede gehaal is, kan ons dit deesdae baie duidelik in baie huwelike sien. Die wêreld het God uit alles uitgehaal en ons pluk die vrugte daarvan. Vrouens word in hoër poste aangestel en mans word daaruit gehaal. Nou sit mans by die huis en moet kinders grootmaak en vrouens sit in mans se posisies by die werk. God het vrouens gemaak om kinders groot te maak en hulle gesin te versorg en mans om die werk te gaan doen en te sorg vir sy gesin. Dit maak die mans gefrustreerd omdat hulle nie vir hulle gesin kan sorg nie en vrouens te moeg en te sat om te doen waarvoor God hulle geskape het. Die Bybel sê vir ons presies wat God se wil is, maar ons stel nie meer daarin belang nie. Om Angus is reg. Ons wil nie die onderdanigheid van die Bybel reg verstaan nie. Ons wil die Bybel verdraai. Almal het mos deesdae gelyke regte… -S”

    CLASSIC!

    Antwoord
  • 6. Pienk Zuit  |  September 12, 2008 om 12:04 nm

    Bwahahahaha! Nog ‘n beter een selfs:

    Soos met baie dinge wat met mooi voornemens en goeie redes begin, het die vroueregte organisasie sedert 1920 een van die grootse vloeke van alle tye vir die samelewing geword. Dit het gesinstrukture vernietig, gelei tot onsedelikheid, egskeidings, aborsies, verwyfdheid van mans en homoseksualisme, om maar net ‘n paar te noem. Omdat manne wat die broek moes dra, hulle rug op hulle Hoof, Christus, gedraai het, het hulle toegelaat dat vroue hulle regeer. Dit is teenstrydig met die wil van God en Sy Woord. Dit wat mense vandag vroueregte noem, noem God sonde en rebelsheid. Daar is baie verwaarloosde kindertjies wat in die strate ronddwaal omdat ma moet werk want pa kan nie werk kry nie. Die kinders word groot waar hulle op straat misdaad leer, of in die kleuterskool waar hulle `n sosialistiese programmering deurmaak waar hulle soos robotjies dood gehoorsaam `n Pavloviese indoktrinasie ondergaan. Hulle kom by die huis en is hoogs gefrustreerd want ma of pa gee nie die gemiste liefde nie en dan gooi hulle vloermoere. Mammie moes by die huis gewees het en haar ingebore moederskap uitleef; liefde gee, die eina’s soen en koeldrank gee. Sy moet haar gesin se voedsel voorberei, en haar seuns leer om beddens op te maak en om hulle huiswerk te doen. Sy moet daar wees om die pakslae’s te gee en om die trane af te droog. Dis wat sy van hou om te doen; dis in haar natuur. Daar is groot werkloosheid en gepaardgaande misdaad. Die een ding lei na nie ander. Werkende ma’s en ledige pa’s veroorsaak misdaad, kindermishandeling en homoseksualisme. Omdat ma’s werk het sekere pa’s nie werk nie, omdat pa nie werk het nie moet ma gaan werk — `n bose kringloop. -CJ

    Antwoord
  • 7. Sonkind  |  September 12, 2008 om 1:17 nm

    Oh No – sulke twak maak my so bef&k, jy kan sweis met my!

    Antwoord
  • 8. rosalindfranklin  |  September 12, 2008 om 4:40 nm

    Sonkind: Ek sweis sommer self! Hoe laaik jy dit?

    Ek kan nou nie besluit of ek ‘n ont-manner, satanis, lesbier, toor-antie, kinder-moordenaar, bediende, of shopping-guru is nie. Ag die keuses in die lewe.

    Antwoord
  • 9. maeree  |  September 15, 2008 om 2:53 nm

    dankie zuit.
    ek gaan nou iemand soek om te moer.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: