Maeree is in the house.

September 15, 2008 at 2:30 nm 24 Kommentaar

Ek wik en weeg al lank of ek hieroor moet post.  Sien, ek is baie nederig.  Dit is een van my uitstaande kenmerke.  Enigiemand wat my persoonlik goed ken, sal vir jou vertel hoe nederig ek is.  Dis daarom met groot huiwering dat ek aankondig dat Oopkop vir my ‘n “blog award” gegee het.  [insert dansie hier] Ek was verstom, hoofsaaklik omdat ek nie geweet het sy lees nog hier nie.  Mapstieks, ek het minstens vier lesers!  EN ‘n blog award.  Hoog tyd.

Wat my egter vele slaapelose nagte besorg het, was Oopkop se vermoede dat ek nie “all there” is nie.  Sien, my grootste vrees in die lewe is om nie selfinsig te hê nie.  En as jy nie selfinsig het nie, sal jy nooit weet dat jy nie selfinsig het nie!  Die malste mense wat ek ken, weet nie eers dat hulle mal is nie (nee Freddy, ek praat nie nou van jou nie.  Die feit dat jy wonder, is jou antwoord).  Dus, help my asb. met insig.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Ek dink sy’s ernstig Undead or Alive

24 Kommentaar Add your own

  • 1. Krista  |  September 15, 2008 om 5:13 nm

    Jy het nie net 4 lesers nie . . . :wink:

    Reply
  • 2. Roer  |  September 15, 2008 om 5:23 nm

    “All there” is ‘n relatiewe begrip. :-)

    Reply
  • 3. Pienk Zuit  |  September 15, 2008 om 9:54 nm

    Hang af waar “there” is. In die Strand?

    Reply
  • 4. George Maru  |  September 16, 2008 om 7:41 vm

    Mmm

    Reply
  • 5. fredddels  |  September 16, 2008 om 8:26 vm

    Ek het die tweede opsie oorweeg, maar toe besef ek ek ken nie juis ‘n paal wat all there is nie.

    Reply
  • 6. Bertus!  |  September 16, 2008 om 10:51 vm

    Mag mens aan die peiling deelneem as mens jou behoefte aan anonimiteit respekteer?

    Reply
  • 7. fredddels  |  September 16, 2008 om 11:42 vm

    lol @ bertus

    Reply
  • 8. rosalindfranklin  |  September 16, 2008 om 2:48 nm

    ag ek wil net asseblief laat weet ek is een van jou lesers en ‘n baie getroue eier-lëer hier….en dan het ek ook gestem hier op die ding hier bo.

    ehm baie geluk.

    Reply
  • 9. maeree  |  September 16, 2008 om 2:56 nm

    rosalind, dankie dankie dankie. magtag. niemand maak hoeha oor my toekenning nie. sheez.

    krista, dankie. lyk my ek het 8. dubbel die verwagte getal!

    roer, dankie. juis.

    zuit, nog nie nou al nie. volgende week.

    freddddddels, ek het lank gedink wat is die beste metafoor / similie vir “all there”. dink jy nie ‘n paal is die beste simbool van standvastigheid en all there-ness nie?

    bertus! die peiling gaan oor maeree en sy is anoniem, want sy bestaan nie.

    right, tans lyk dit asof my sanity ‘n kort-kop voor is. krista het nie gestem nie. dus is dit maklik om uit te werk wie beweer ek is nie all there nie. ek wil net sê: slaap lig. slaap baie lig.

    Reply
  • 10. rosalindfranklin  |  September 16, 2008 om 3:20 nm

    “is dit maklik om uit te werk wie beweer ek is nie all there nie. ek wil net sê: slaap lig. slaap baie lig.”

    he…dis oor moontlike patologie soos die wat ek so mooi positief gestem het….he-he

    Reply
  • 11. Wipneus!  |  September 16, 2008 om 3:41 nm

    Ek lees ook hier! Baie geluk met jou toekenning! :)

    Reply
  • 12. fredddels  |  September 16, 2008 om 3:58 nm

    Ek HET gedink ‘n paal is ‘n goeie simbool van standvastigheid. Ek het net nie van ‘n feminis verwag om dit in te sien nie.

    Reply
  • 13. George Maru  |  September 16, 2008 om 6:51 nm

    Ek is nie skaam oor my stem nie. Dit was ter wille van balance in the force. Jy kan 100% sane wees nie. Dit is insane.

    Reply
  • 14. Sonkind  |  September 16, 2008 om 9:15 nm

    Ek dink nie jy is soos ‘n paal nie – dis darem te ‘n boring vergelyking en ek soek jou ook nie, so… werk nou uit waar ek gestem het :lol:

    O ja, en ek lees ook hier, nou het jy al 9 lesers – he he he

    En nog iets – ek is eerder nie “all there” nie as wat ek normaal is. Normaal is tog SOOO laas jaar

    Reply
  • 15. Sonkind  |  September 16, 2008 om 9:16 nm

    Daai eerste sin het biejtie “not so all there” uitgekom. Ek het bedoel ek wonder nie oor wie jy is nie! LOL!

    Reply
  • 16. Pienk Zuit  |  September 17, 2008 om 10:44 vm

    LOL @ Freddy. Hy’s on a roll hierdie week met die skerpste kommentaar.

    Reply
  • 17. Bertus!  |  September 17, 2008 om 10:54 vm

    Maeree, ek het vir mal gestem, maar ek het dit as ‘n klompliment bedoel.

    Reply
  • 18. kat  |  September 17, 2008 om 1:27 nm

    Ek dink die antwoord is eenv….haai kyk die katjie in die venster-van-die-winkel-in-die-mall-in-die-stad-waar-almal-so-f@#$-stadig-bestuur-en-ek-heeltyd-my-middelvinger-moet….skies….* wat was die vraag nouweer?

    Reply
  • 19. annerkant  |  September 17, 2008 om 10:31 nm

    :) Lyk my gebeur dinge, … soos ‘n paal bo water. :) Maeree, hier spoel ek sommer saam met die toekenning in.

    Reply
  • 20. maeree  |  September 18, 2008 om 9:04 vm

    rosalind, moenie dink ek weet nie wat jy sê nie.
    wipneus, dankie *buig*
    freddddddels, har har har
    george, jy is inderdaad reg. may the force be with you
    sonkind, dankie. ‘n leser so na my hart.
    bertus, bly om te sien jy’s versigtig.
    kat… ja
    annderkant, welkom.

    Reply
  • 21. Johan Swarts  |  September 18, 2008 om 7:12 nm

    hoekom stem niemand vir die derde opsie nie??

    Reply
  • 22. oopkop  |  September 25, 2008 om 11:28 vm

    Hierdie post van jou is presies wat ek bedoel het ;)

    Reply
  • 23. maeree  |  September 28, 2008 om 11:32 vm

    hehehe. bly om te sien jy kan nog so tussen die doeke en die voedings deur blog.

    Reply
  • 24. oopkop  |  Oktober 22, 2008 om 2:15 nm

    nog nie geblog nie, net by die favourites ingeloer sover. ;)

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: