X-kind

September 28, 2008 at 11:35 vm 13 Kommentaar

Die Hoof van die Huis sê hy kan nie verstaan waarom ouers altyd so ontsteld raak as hulle kinders superpowers het nie.  As hy sou agterkom dat sy kinders superpowers het, sal hy dit aanmoedig. 

Wat sal jy doen as jy agterkom jou kind het superpowers?

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Ek is nie meer by Oppietrap nie Ek is weer by die huis

13 Kommentaar Add your own

  • 1. Bertus!  |  September 28, 2008 om 2:40 nm

    Ek hoop nie Angus Buchan se kinders wat hy so gretig moer het superpowers die dag as hulle hom terugklap nie.

    Antwoord
  • 2. George Maru  |  September 28, 2008 om 3:45 nm

    Ek sal ‘n franchise begin met koffiebekers, gedrukte gesigte op rompe, bic penne, superhero-toiletpapier, plastiekboekies wat in die badwater dryf en baie supervillains wat grusaam in videospeletjies sterf.

    Antwoord
  • 3. fredddels  |  September 28, 2008 om 9:07 nm

    Ek moet klaar daarmee cope. My seuntjie is soms op een dag Spiderman, Superman, Underdog, Batman EN ‘n dominee. Ons is in diep moeilikheid as ons die naam verkeerd het op enige gegewe oomblik. Ons word dan bloot geignoreer.

    Hy het vandag by die Hotel probeer om met sy gesig uit sy bord uit te eet terwyl ons nie daar was nie. (Underdog)

    Antwoord
  • 4. Johan Swarts  |  September 29, 2008 om 12:50 vm

    lololol @ bertus!

    Antwoord
  • 5. oordose  |  September 29, 2008 om 6:14 vm

    myne twee jongstes het superpowers. jy het dit al self ervaar. ons noem hulle sommer desibelle en desibal.
    hoe voel jy daaroor?

    Antwoord
  • 6. Nelba  |  September 29, 2008 om 8:03 vm

    Behalwe as hulle mik om van dakke af te spring en so en hulle superpowers sluit nie in om te kan vlieg nie, niks. Gelukkig aard hulle na my. Het hoogtevrees.

    Antwoord
  • 7. Pienk Zuit  |  September 29, 2008 om 11:45 vm

    Never mind aanmoedig. Ek is besig om op te lees oor hoe om jou ongebore baba superpowers te help ontwikkel voor geboorte.

    Antwoord
  • 8. Krista  |  September 29, 2008 om 5:50 nm

    Solank dit vir hulle board en lodging betaal, sal ek nie omgee nie! :wink:

    Antwoord
  • 9. maeree  |  September 30, 2008 om 7:55 vm

    lol @ bertus! ek moet sê, as my kinders bv begin levitate, sal ek self begin duiwels uitdryf.

    george, ek hou van hoe jy dink. exploitation rulez.

    lol @ freddy. ek het al vir superman ontmoet. is daar een of ander karakter wat alwetend is, of is dit ‘n heel nuwe power?

    oordose, jy’s snaaks. om hard te kan gil, is natuurlik nie ‘n superpower nie. om hard te kan gil en terseldertyd cute te wees… nou dáár’s ‘n superpower!

    nelba, hoe gaan jy weet dat hulle kan vlieg as jy hulle nie toelaat om te probeer nie?

    zuit, ek’s natuurlik nie verbaas nie. waarvoor mik julle? superpower, bedoel ek.

    krista, verwys na my reaksie op george. as dit tot world peace lei, is dit natuurlik ‘n ekstra bonus.

    Antwoord
  • 10. Pienk Zuit  |  September 30, 2008 om 9:57 vm

    Moeilik om te sê, hang af van die training proses. Alchemy sal nogal cool wees, dan kan ek aftree. Anders enige iets wat lei na world peace ja, sonder om eers ‘n beauty pageant te moet wen.

    Antwoord
  • 11. rosalindfranklin  |  September 30, 2008 om 5:06 nm

    Ek sal dit 100% uitbuit tot my voordeel, ek sal my bes doen om stinkryk daaruit te word. :)

    Antwoord
  • 12. oordose  |  Oktober 2, 2008 om 8:19 vm

    nee wat, jy sal jou superpower kennis moet gaan opskerp. om so hard te kan gil dat mense se koppe voel of dit gaan ontplof, is ‘n superpower! dink net hoeveel baddies jy so kan stop.
    ongelukkig voel dit meestal vir my eerder asof my twee supervillians eerder as superheroes is, maar dis seker maar omdat hulle nog die verskil tussen baddies en goodies moet leer.
    nou loop almal maar deur…

    Antwoord
  • 13. Sonkind  |  Oktober 2, 2008 om 9:36 nm

    :lol: Julle is skreeusnaaks. Ek sal definitief ook probeer geld maak uit daardie superpowers :evil:

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: