Ek is weer by die huis

Oktober 4, 2008 at 10:39 vm 8 Kommentaar

Ek is ongelukkig nie meer met vakansie nie. Maar ek het dit goed gedink om al die jongste skinder nuus te deel:

  • My pa is ‘n hamster.
  • Dit gaan baie sleg met my ma.
  • My ma is onder die indruk dat my pa ‘n “verligte man” is. (Dis dieselfde pa wat glo dat dit nonsens is dat mans goed soos aftershave en deodorant dra. “Dit breek die onderskeid tussen mans en vroue af en ontneem mans hul hoofskap.” I kid you not. Hy gebruik spirits vir aftershave.)
  • oor.dose se vrou het vir ‘n week lank by haar ma gaan kuier. Hmmm. Mind you, ek het dieselfde gedoen, so dalk beteken dit niks nie.
  • oor.dose se amper-2-jarige seuntjie het ‘n skoen fetish en is op sy gelukkigste as hy kan skoonmaak. Sit ‘n besem in sy hand en hy’s happiness. (Wat van ‘n foto of twee?)
  • Kleinboet se huis is erg leeg nadat sy meisie uitgetrek het. Dis moeilik om agter te kom hoe dit met kleinboet gaan.
  • Kleinboet se katte is mal. Ek word in die middel van die nag wakker van katte wat spin asof hulle ‘n megafoon ingesluk het terwyl hulle aan mekaar suig. That’s just not on.
  • Niemand wou my boud soen nadat ek ‘n voltaren-inspuiting gekry het nie. Gelukkig was my boud steeds blou toe ek by die huis kom en die Hoof van die Huis is still kissing my butt.
  • Die Kaap is nat.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

X-kind Public Service Announcement

8 Kommentaar Add your own

  • 1. Sonkind  |  Oktober 4, 2008 om 1:13 nm

    :lol: Jy maak onfeilbaar my dag!

    Reply
  • 2. Bertus!  |  Oktober 4, 2008 om 1:18 nm

    Weird, ek dog ek is die enigste mens wie se pa peanuts in sy kieste kan ronddra.

    Reply
  • 3. Pienk Zuit  |  Oktober 5, 2008 om 10:26 nm

    Net toe jy waai hou die Kaap toe op met nat wees. Of is dit dalk omdat Bertus terug gekom het? Dalk het die Kaap geween omdat Bertus weg was.

    Nou’s die Sedoos hier.

    Reply
  • 4. oordose  |  Oktober 6, 2008 om 6:13 vm

    ek dink, in vergelyking met jou ma – soms – is jou pa verlig.
    my vrou het vir ‘n langnaweek by haar OUERhuis gaan kuier om haar PA te help. hy was baie nice met haar. hy is die soort mens by wie mens graag kuier. haar ma het weer vir haar gesê sy lyk pregnant en mense gaan nie saam met haar wil werk nie, want hulle gaan dink sy is onprofessioneel. en ‘n paar ander pragstukke. drie raaie hoe bly sy was om terug by die huis te wees…

    Reply
  • 5. oordose  |  Oktober 6, 2008 om 6:16 vm

    o en ps… ek wil nie foto’s van my seun met ‘n besem in die hand versprei nie. ek sukkel genoeg om hom te leer seuntjies hoort kaalvoet te loop, deurmekaar hare te hê en sussies met goggas te jaag…

    Reply
  • 6. RMB  |  Oktober 6, 2008 om 1:08 nm

    Hei Maeree, self gister terug uit die Kaap. Ek het nooit vir jou gese nie, maar ek dink jou jongste boetie is ‘n dish. Sy huis behoort nie lank leeg te staan nie…

    Reply
  • 7. maeree  |  Oktober 6, 2008 om 3:12 nm

    sonkind, plesier

    bertus! hy gebruik nie noodwendig sy kieste nie. maar hy gooi niks weg nie – behalwe my ma se goed.

    zuit, ek dink jy’t reg. maar al die kaap is vro-holik.

    oordose, ag toe? foto? asb? en nee, wanneer dit kom by man/vrou verhoudings is my pa nie verlig nie, al was hy die skottelgoed.

    rmb, ek stem saam oor die dishiness. en ek wil nie te hard skinder nie, want stories trek vinnig en ver, maar die huis was nie heeltemal leeg toe ek daar was nie.

    Reply
  • 8. Krista  |  Oktober 6, 2008 om 5:56 nm

    Cool!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: