“Deliberately barren”

Oktober 13, 2008 at 2:59 nm 14 Kommentaar

Ek het nie kinders nie.  Ek wil nie kinders hê nie. Blykbaar maak dit van my ‘n freak.

Ek het geen probleem met kinders nie.  Ek dink babatjies is cute.  Katjies ook en laasgenoemde sorg grotendeels vir hulleself.

Deesdae sien ek al meer artikels oor hierdie vreemde fenomeen:  vroue wat kies om nie kinders te hê nie.  Die skrywers probeer allerhande redes aanvoer vir hierdie “nuwe” verskynsel.  Gewoonlik is daar ‘n vrou of twee wat haar verhaal vertel.  Elke vrou met wie gesels word, gee redes soos:  “Ek wil nie ‘n kind in hierdie wêreld in bring nie”,  of “Ek het dit te laat gelos.”

Ek is jammer, maar ek het geen so ‘n noble rede nie. Ek wil nie kinders hê nie, want ek wil nie.  Ek het geen begeerte om kinders te kry nie.  Ek sien die pyn en worsteling van mense wat graag kinders wil hê en sukkel om swanger te word.  Hoewel ek simpatie het, verstaan ek dit glád nie.

Ek kan heelwat redes gee vir my kindersloosheid: ons kan dit nie bekostig nie; ek is te selfsugtig; daar is te veel dinge wat ek nog in die lewe wil doen; my werk is vir my ‘n belangrike prioriteit, ens.  Elkeen moontlik waar, maar nie een die werklike rede nie.  Ek het eenvoudig geen begeerte om kinders te hê nie.

Dit is ook interessant hoe mense aanneem dat ek hierdie besluit op my eie geneem het en dat die Hoof van die Huis eintlik heimlik ‘n kind begeer.  Wat nie waar is nie – hy is nog meer gekant teen die idee as ek!

Toe die Hoof van die Huis se pa verlede jaar oorlede is, het skoonma hom eenkant geneem en vertel hoedat skoonpa se naam nou hier uitsterf, omdat ons nie kinders wil hê nie.  Dit is een van die mees geniepsige vorms van emosionele afpersing wat ek nog ooit beleef het.  Om nie eers te praat van naïef nie:  wat laat haar dink dat ons kinders sý van sal hê?  Hulle sou waarskynlik ‘n kombinasie van ons twee se vanne gehad het (aangesien ons nie dieselfde van het nie.)  Maar dit is nog ‘n ding wat ek glad nie verstaan nie, die voortbestaan van die familienaam.  Is dit werklik al nalatenskap wat ‘n mens kan los – ‘n naam?  Watter nalatenskap het vrouens?  I just don’t get it. (Rosalind Franklin se post oor DNA hou moontlik verband.)

Dan is daar natuurlik ook die mans wat my graag (met groot erns) aanspreek in die lig van 1 Timoteus 2:15:  “Maar sy sal haar redding vind in moederskap, as sy maar volhard in geloof, liefde en ‘n heilige lewe, en daarby beskeie bly.” [Ja, ek beweeg in sulke kringe.]

Ek wil nie kinders hê nie. Ek wou vir my 30ste verjaardag vir myself ‘n sterilisasie persent gee, maar toe ontdek ek Mirena.  I’m a freak and I’m proud of it.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

She Hoekom werk dit nie?!

14 Kommentaar Add your own

  • 1. rosalindfranklin  |  Oktober 13, 2008 om 3:30 nm

    Nog ‘n freak en trots daarop. Ek wil ook nie. Flip ons koppe werk vandag in dieselfde rigting….

    Reply
  • 2. oordose  |  Oktober 13, 2008 om 3:54 nm

    as enigiemand belangstel, my twee jongstes is te huur as ‘n cure (vir enige gades wat nie hierdie siening hierbo deel nie). hulle werk op hulle eie, maar is die heel beste in ‘n span.

    Reply
  • 3. flippiefanus  |  Oktober 13, 2008 om 4:21 nm

    ‘n Vriend van my is volkome oortuig dat die grootste oorsaak van die probleme in die wereld oorbevolking is. As meer vrouens soos jy (julle) voel het ons dalk hier ‘n oplossing vir die wereld se probleme. :grin: My vermoede is egter dat dit nie so gaan werk nie. Die “instink” om voort te plant is waarskynlik te sterk by meeste mense (wel duidelik nie by almal nie).

    Reply
  • 4. Tigerlily  |  Oktober 13, 2008 om 4:58 nm

    Kan nie glo mense praat mens nog aan dmv. bybelversies nie! Dit gaan oor wedersydse respek vir mekaar, om elkeen sy besluite te gun.

    Reply
  • 5. rosalindfranklin  |  Oktober 13, 2008 om 4:59 nm

    Ek en Blixer se jongstes is saam ook die huur, vir nog beter resultate…

    Reply
  • 6. Pienk Zuit  |  Oktober 14, 2008 om 10:59 vm

    Oi vei, die name tog. Dit word deur die tradisionele benoemde (die tradisies verskil effe in families lyk dit my) afgemaak as glad nie belangrik nie, maar bewaar jou siel as die tradisionele benoemde dan nie benoem word nie. En dan nog die moontlike familie struwelinge indien nefies en niggies se ouers dink jou kind word voorgetrek omdat hy/sy benoem is. Soms kan mens nie wen nie.

    Reply
  • 7. Bertus!  |  Oktober 14, 2008 om 11:38 vm

    http://en.wikipedia.org/wiki/Voluntary_human_extinction_movement

    Dis nie lekker om kinders te he^ nie en dis ook nie lekker om kinders te maak nie. (Na my mening, ander mense verskil weer.)

    Nogtans sien ek uit daarna om vir Pienk Zuit met sy kinders te sien, want ek dink hulle gaan gelukkig wees.

    Reply
  • 8. Pienk Zuit  |  Oktober 14, 2008 om 12:21 nm

    Dan is daar natuurlik die goeie vriende soos Bertus wat mens wil benoem, net sodat hulle vir jou verniet sal babysit.

    Reply
  • 9. Sonkind  |  Oktober 14, 2008 om 9:09 nm

    “I’ve got a couple of years on you babe” (woorde uit een of ander liedjie) en daarom het ek kinders gebaar, omdat die samelewing dit op daardie tydstip vereis het. Ek is lief vir my kinders, want ek het hulle – verskriklike ding om te sê, seker?

    Sou ek ‘n dekade of twee later die lewenslig aanskou het, sou ek ook nie vandag kinders gehad het nie. Nie omdat ek nie van hulle hou nie – ek is mal oor kinders en hulle is gewoonlik ook mal oor my – solank ek hulle net aan die einde van die dag vir hulle eie ouers kan teruggee.

    Maar ekself was nooit regtig gemaak vir die ma-ding nie. En vir jare was ek te bang om dit te erken – te bang vir die afkeurende kyke. Dis maar die afgelope paar jaar wat ek my rug reguit maak en dit openlik sê.

    Reply
  • 10. The unpregnantmother  |  Oktober 18, 2008 om 2:42 nm

    “en daarom het ek kinders gebaar, omdat die samelewing dit op daardie tydstip vereis het.” Sonkind

    Wat? Jy’t hierdie moerse stap geneem wat jou lewe in totaliteit gaan oorheers tot JY doodgaan en jy’t dit gedoen omdat dit die “in” ding was om te doen?

    Slaat my dood met ‘n slap snoek . . . genade . . . ek’t nie woorde nie!

    Ek hoop jy vertel jou kinders dat hulle hulself nie aan dieselfde sosiale druk hoef bloot te stel nie!

    Reply
  • 11. Krista  |  Oktober 20, 2008 om 12:00 nm

    “Ek wil nie kinders hê nie. Blykbaar maak dit van my ‘n freak.”

    Nee, dit doen nie, jy is niks minder of niks meer ‘n freak as enige ander van ons nie.

    Partydae is ek ook nie seker nie . . . :wink:

    Reply
  • 12. maeree  |  Oktober 22, 2008 om 11:15 vm

    rosalind, freaks rule the multiverse.

    oordose, ek sal met graagte joune aanneem. (en ek soek nog ‘n besem-foto)

    flippie, ek dink nie die probleem is hoeveel mense voortplant nie, maar watter mense voortplant.

    tigerlily, welcome to my world.

    zuit, my een ouma se name is “hendrika dolofina”.

    bertus! ek weet nie of ek in alle opsigte met jou saam stem nie.

    sonkind, dis baie interessant. dis verstommend hoeveel vroue (gewoonlik bo 40) vir my presies dieselfde vertel! sodra hulle hoor dat ek kies om nie kinders te hê nie en niemand se keuses veroordeel nie, vertel hulle hoe hulle nie geweet het hulle het ‘n keuse nie en dat, hoewel hulle hul kinders geweldig lief het, hulle nie eintlik “ma-materiaal” is nie.

    mother, jy bevestig presies my punt. gelukkig word sonkind se kinders in ‘n ander wêreld groot.

    krista, dankie.

    Reply
  • 13. cebella  |  Januarie 2, 2009 om 10:27 nm

    My menings is dieselfde as joune…lees hier onder…die forum is nogal ‘n groot hulp

    http://www.mydr.com.au/babies-pregnancy/essure-pbc-permanent-birth-control

    http://www.curezone.com/forums/f.asp?f=713

    Reply
  • 14. Dis weer ‘n slag tyd… « OOPKOP  |  Februarie 20, 2009 om 11:44 vm

    […] Maeree sê dat ek dink sy is skreeusnaaks.  Rerig.  Ek love haar posts.  Veral hierdie een.  En hierdie een.  En ook die een.  Ek vermoed ek hou van haar blog omdat sy nie voorgee nie, omdat sy bereid is […]

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: