Videokameras is vir home videos

Februarie 2, 2009 at 10:09 vm 8 Kommentaar

blair-witch-project-movie-posterLaat ek nou maar eerlik wees – ek het gedink die Blair Witch Project was vervelig. Gaap. Dit het my laat dink aan een maatjie wat ek op laerskool gehad het. Ek moes dikwels heel pouse lank saam met haar in die kleedkamers staan terwyl sy probeer om ‘n traan uit te druk. (Blair Witch 2, daarenteen, het ek baie geniet. Ek is ‘n ploert, ek weet.)

Hoewel ek die Blair Witch effens vervelig gevind het, het ek nooit gedink ek sal dit begin haat nie. En tog…

As ek kon teruggaan in tyd, het ek die mense wat Blair Witch gemaak het, gedwing om hul kameras te eet. Ewe skielik spring almal op die bandwagon. Nou maak elke Jan Rap en sy maat ‘n bewerige fliek met swak grafika.

cloverfield
So was arme ek seesiek tydens die hele stupit Cloverfield.

quarantine

Quarantine kon dalk heel vermaaklik gewees het, as hulle die ekstra paar rand uitgehaal en ‘n regte fotograaf gehuur het.

poster_diaryofthedeadposter22
Wat my egter tot verlede tyd moord wil dryf, is dat George A. Romero – George Romero! – ook hierdie gimmick gebruik het. Nee! Nee! Net nie dit nie!

Wat het geword van goeie ou Special FX? Hoekom kan ek nie duidelik sien hoe die zombies mense se ingewande uitryg nie? Hoekom moet ek uit ‘n bewerige, donker skoot self probeer uitwerk wat aangaan?

Step away from the video camera! Kry ‘n budget en maak ‘n regte fliek.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Nuwe Genus Dis weer vir ‘n slag tyd vir seks

8 Kommentaar Add your own

  • 1. Johan Swarts  |  Februarie 2, 2009 om 3:22 nm

    lol! i very much enjoyed this post, thank you :)

    ek weet nie genoeg van zombie-flieks om met jou te kan saamstem of nie, maar ek kan wel byvoeg dat ek vandag ‘n musiekvideo tydens ete gesit en kyk het op MK en nie kon help om te wonder wat dan nou juis hierdie genre skielik die reg gee om die kamera soos aapsterte rond te swaai en sporadies uit te zoom nie.

    funksionaliteit, dammit. we need functional shots! dit help nie jy laat almal se mae draai just for the sake of it nie.

    (die woord waarna jy opsoek is, terloops, is kinematograaf. fotograwe neem stills.)

    Antwoord
  • 2. Die piesangverkoper  |  Februarie 3, 2009 om 1:47 nm

    Die probleem met sulke flieks is dat die sentrale premis unconvincing is, ergo dis nie scary nie.

    Die ergste is dat Romero nou in al wat ‘n interview is aangaan oor hoe hy die zombie genre gepimp het en niks weer dieselfde gaan wees nie. Nee, mnr. Romero, dit gaan dieselfde wees vir almal wat jou fliek gaan kyk omdat die idee oud is. Ek sal dit nie kyk nie.

    Ek kan jou beat in die ketterskaal: Ek het gedink sowel Night of the Living Dead as Dawn of the Dead se remakes was beter as die Romero original.

    Antwoord
  • 3. Die piesangverkoper  |  Februarie 3, 2009 om 1:49 nm

    Ooooeeee, maar Romero se Day of the Dead is goed. Ek het die DVD gekoop en op die special features wys hulle hoe hy al die special effects gedoen het, insluitende hoe hulle regte egte varkderms by ‘n slaghuis gaan oplaai het en in gate aan mense vasgebind het sodat dit lyk of die zombies hulle verskeur.

    Antwoord
  • 4. Pienk Zuit  |  Februarie 3, 2009 om 3:07 nm

    I Am Legend het my om dieselfde rede teleurgestel, dit was meestal te donker om te sien wat aangaan.

    Antwoord
  • 5. dorothy black  |  Februarie 3, 2009 om 5:30 nm

    my afrikaans is getting worse and worse. But i LOVED cloverfield.

    Antwoord
  • 6. maeree  |  Februarie 4, 2009 om 12:29 nm

    johan, dankie, né?

    phew, piesangverkoper, jy laat my beter voel, ek was bekommerd ek gaan hel toe oor die goed wat ek van romero sê.

    zuit, weereens is jy nie lekker by nie. i am legend het nie ‘n “reality feel” nie. die hond loop nie heeltyd met ‘n videokamera rond nie.

    dorothy… really. how could you?

    Antwoord
  • 7. Die piesangverkoper  |  Februarie 4, 2009 om 12:57 nm

    I am legend se creatures was net almal so obviously computer generated. Ek het die hele tyd gevoel ek kyk Who Framed Roger Rabbit?

    Antwoord
  • 8. Pienk Zuit  |  Februarie 5, 2009 om 11:58 vm

    haai! dis nie nodig om lelik te wees met my net omdat jy meer slaap kry as ek nie. Die ruk-en-rol-realiteit-effek en die te-donker-effek kom op dieselfde neer, ek kan nie sien wat aangaan nie.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Feeds


%d bloggers like this: